
Brief van meganiese ingenieurstudent Deel 5
Die heel grootste fout
Oor hierdie afdeling kan ek seker die meeste uitbrei, aangesien dit so kardinaal belangrik is.
Die grootste fout wat vandag gemaak word is dat Christene, maar meer belangrik nog vandag se geestelike leiers soos Predikante, Teoloë, Christelike jeugwerkers en ook die gewone Christen op straat dink dat die debat rondom die evolusieleer nie belangrik is nie, of dat ons gretig moet wees om evolusie met die Bybel te probeer versoen . Daar is `n duidelike en negatiewe tendens in die Westerse węreld, veral ook die VSA, dat die kerke al hoe meer van hulle jong mense verloor. Navorsing wys dat soveel as 70% van kinders (in die VSA) wat publieke skole bywoon teen sekere ouderdomme (veral in die hoërskool) die Christelike geloof verlaat!! Die vraag is natuurlik: Hoekom is dit so?
Daar is nog meer. Kom ons gaan dieper in die VSA. Hierdie is die land wat die grootste hoeveelheid Christelike TV en Radiostasies in die węreld het, die grootste hoeveelheid Christen boekwinkels en bronne het, die grootste hoeveelheid Christen kolleges en Bybel kolleges, en die land wat omtrent 80% van sendelinge die węreld instuur. Hoe kan dit dan wees, met al hierdie fantastiese hulpmiddels, dat Amerika ook so skade lei? Die antwoord op die wortelprobleem is: Die jongmense van vandag word met Darwin se evolusieleer geďndoktrineer. Enige iemand wat `n bietjie moeite doen om na te dink oor die onderwerp, weet dat evolusie NIE gemaklik in die Bybel in pas nie. `n Mens moet allerhande teologiese planne probeer maak en gimnastiek doen, waaroor ek liewers iets kortliks sal noem.
Die Bybel is veronderstel om ons met die werklike węreld te koppel, veral in ons post-modernistiese klimaat waar veral jongmense nie meer net aan dinge vas wil klou uit blote tradisie nie! Maar verder waarsku Jesus self ook soos volg: “As Ek julle van die aardse dinge vertel en julle nie glo nie, hoe sal julle glo as Ek julle van die hemelse vertel?” Joh. 3:12...
Verder nog, probeer evolusioniste beweer dat godsdiens net iets in `n mens se kop is wat, soos ander dinge ook maar net geëvolueer het. Daar het onlangs `n artikel in New Scientist verskyn met die Titel: “How your mind creates God (especially in hard financial times)”, wat presies bogenoemde beweer. Ek dink nie dit is op goeie wetenskap gebaseer nie, maar liewers op ateďstiese ideologieë. Maar ek wil die punt maak dat: dit is nie `n goeie argument vir die Christen om te sę ons moet in evolusie glo omdat (sekere) wetenskaplikes beweer dit is waar nie, want dan, om konsekwent te wees moet ons mos uitsprake soos bogenoemde ook as waarheid aanvaar, wat tot gevolg het dat ons nie eers in God behoort te glo, as ons waarheid wil aanhang nie.
Verder gebruik van die grootste vyande van God en anti-Christene veral oningeligte predikante en geestelikes, wat evolusie met ope arms aanvaar, om ateďsme te bevorder sonder dat hulle (ons geestelikes) dit besef! Dit terwyl bogenoemde geestelikes dink hulle is besig om almal `n guns te doen! Kyk wat sę een ateďs op skeptic.com (Let wel: dat die formele Skeptiese organisasies is maar almal ateďsties en glad nie godsdienstig neutraal nie. O ja, en Claassen is self ook mos deel van ‘Skepties’ Suid-Afrika...) onder ‘105 Ways To Promote Skeptical Activism’ in hulle ‘Quick Reference Guide’ punt no. 20:
“20. Make allies. Be cooperative … We need help. Build bridges. Work with religious groups. (Our best allies for defending evolution are members of the mainstream clergy groups.)”
[Uit: What Do I Do Next? edited by: Daniel Loxton
Die koorsagtige ateďs Eugenie Scott wat ek al vantevore genoem het sę die volgende:
“I have found that the most effective allies for evolution are people of the faith community. One clergyman with a backward collar is worth two biologists at a school board meeting any day!”
[Uit: Eugenie Scott, Executive director of the National Center for Science Education (NCSE-America) Research News and Opportunities in Science and Theology
Hoekom is die ateďs dan so gretig om Christene te kry om in evolusie te glo? Die volgende aanhaling, deur ateďs Jerry Coyne, in `n boekoorsig van twee boeke wat deur teďstiese evolusioniste geskryf is, gee dit baie duidelik weg:
“This disharmony [between science (lees evolusie) and religion] is a dirty little secret in scientific circles. It is in our personal and professional interest to proclaim that science and religion are perfectly harmonious. Liberal religious people have been important allies in our struggle against creationism, and it is not pleasant to alienate them by declaring how we feel. This is why, as a tactical matter, groups such as the National Academy of Sciences claim that religion and science do not conflict…”
[Uit: Web Article —Seeing and Believing (The never-ending attempt to reconcile science and religion, and why it is doomed to fail) by Jerry A. Coyne- A review of the books Saving Darwin: How to be a Christian and Believe in Evolution by Karl W. Giberson and Only A Theory: Evolution and the Battle for America’s Soul by Kenneth R. Miller-The New Republic-A Journal of Politics and the Arts (February 04, 2009)
Die tegniek is dus om Christene te kry om evolusie as goue waarheid te aanvaar, en hulle daarna te kap op die intellektuele teenstrydighede en swakhede. Humaniste weet dat evolusie neig baie sterk om ateďste van mense te maak, soos eens erken is deur die bekende prof. William Provine van Cornell University (in die VSA).
Die laaste opmerking wat ek wil maak is oor die siening dat Genesis net `n gedig is wat niks met werklike geskiedenis te doen het nie. Hierdie siening word ongelukkig al hoe wyer deur ons predikante, teologiese fakulteite en ook ander Christene aangehang om die sogenaamde feit (?) van evolusie te akkommodeer.
Dit is belangrik om te besef dat die oorsprong van sonde, pyn en lyding en uiteindelik die nodigheid van Christus se dood kom uit die eerste hoofstukke van Genesis. Dit word ook duidelik in die Nuwe Testament uitgespel, veral in Romeine, dat deur een mens die sonde in die węreld gebring is (en ons weet dis Adam). Dus is Genesis wel aan die evangelie gekoppel, en kan dit sogenaamd nie as onbelangrik afgemaak word nie!
Christene behoort nie te dink dat hierdie posisie respek van die sekularis sal verwerf nie. Kyk wat het ons ‘vriend’ Richard Dawkins daaroor te sę gehad:
“Oh but of course the story of Adam and Eve was only ever symbolic, wasn’t it? Symbolic?! Jesus had himself tortured and executed for a symbolic sin by a non-existent individual. Nobody not brought up in the faith could reach any verdict other than barking mad!”
[Uit: Richard Dawkins —The root of all evil? (BBC broadcast on Channel 4, 16 January 2006).]
Eintlik het Dawkins nogal `n punt hier beet, en ek dink nie `n mens kan hom kwalik neem oor so `n uitspraak nie, nie waar nie? `n Mens moet darem konsekwent wees met `n mens se geloof!
Daar is nog baie soortgelyke uitsprake van evolusioniste, wat eintlik nie eers skokkend behoort te wees nie, gesien dat dit tog redelike besware (vir `n verandering!) is. Die bekende ateďs Richard Bozarth het die volgende te sę gehad oor die situasie:
“Christianity has fought, still fights, and will fight science to the desperate end over evolution, because evolution destroys utterly and finally the very reason Jesus’s life was supposedly made necessary. Destroy Adam and Eve and the original sin, and in the rubble you will find the sorry remains of the son of god. Take away the meaning of his death. If Jesus was not the redeemer that died for our sins, and this is what evolution means, then Christianity is nothing”
Ek hoop van harte dat dit die belangrikheid van Genesis as vorm van geskiedenis uitspel. Lees verder...