
Brief van meganiese ingenieurstudent Deel 6
Ten slotte:
Ek hoop ek kon u in hierdie brief oortuig dat Claassen niks anders as warm lug genereer nie en in sekere gevalle doelbewus mislei wanneer dit kom by sy uitsprake oor evolusie en oorspronge. Ek is bewus daarvan dat daar ander onderwerpe ook is wat hy aanspreek, maar dit is nie so erg in my veld van kennis nie, en dit was ook nie waaroor u artikel in die Volksblad maande gelede gegaan het nie.
Ek hoop ook ek kon u tweedens oortuig dat evolusie glad nie wetenskaplik so waterdig is soos wat sy voorstanders beweer nie, maar eerder neig om `n sekulęre godsdiens te wees. Ook hoop ek dat u kan sien dat die sogenaamde ‘wetenskaplike metode’ (waarteenoor ek heeltemal ten gunste is) glad nie so nou gevolg word soos wat die evolusionis beweer nie. Positivisme is inderdaad meer `n ideologie as iets realisties.
Derdens hoop ek dat ek u kon oortuig dat hierdie kwessie en debat ongelooflik belangrik is, en nie net geďgnoreer kan word deur vandag se geestelike leiers nie. Die gevolge van kompromie met Darwinisme asook die onderskatting van hierdie onderwerp het tot dusver dramatiese uitwerkings gehad wat nog nie mooi deur Christene besef word nie. Dit terwyl ware wetenskap glad nie eers aan die evolusionis se kant is nie. Verandering en natuurlike seleksie is wel deel van die natuur, maar op die lang tydperk werk dit eintlik reg teen evolusie.
Aangesien u op hierdie stadium nog aktief betrokke is by die fakulteit van Teologie aan die Universiteit van die Vrystaat, wil ek `n ernstige beroep op u en die fakulteit doen om meer krities na evolusionisme/Darwinisme te kyk en dit nie net as goue waarheid te aanvaar, of die studente te leer om dit as goue waarheid te aanvaar nie. Ook wil ek u en ander aanmoedig om te kyk na wat Darwin-skeptici (soos die IO-beweging en selfs kreasioniste) self sę, aangesien die evolusionis se weergawe gewoonlik heel verdraaid is, en dus net soveel meer belaglik klink. Alhoewel almal nie soos ek is nie, sou ek persoonlik maar gesukkel het om in God en die Bybel te glo as die Bybel baie min tot niks met die werklike fisiese węreld rondom my te doen gehad het nie.
Dit is ook my menig dat mense soos Claassen se aanvalle op Christene nie gaan verswak nie, maar dalk nog erger mag word, aangesien ateďsme en selfs evolusionisme eintlik maar `n diep (godlose) godsdienstige kern het. Dus moet predikante van vandag toegerus wees en nie onkant gevang word nie. Maar die rede hoekom ek self nie bang is nie, is omdat daar regtig goeie antwoorde is, selfs en veral uit die wetenskap self. En wat my persoonlike ervaring betref, raak dit net al hoe beter! `n Mens moet soms net weet waar om te kyk (wat partymaal `n probleem vir die gewone leek kan wees.)
Ek vra regtig om verskoning vir die lengte van hierdie brief, maar hierdie kwessie is so belangrik, dat ek dit nie kon afskeep nie. Gelukkig weet ek `n mens lees vinniger as wat `n mens skryf. U is ook meer as welkom om my persoonlik te kontak via E-pos vir redes wat verband hou met hierdie kwessie.
Groete in Christus,
(Naam van student)
(e-pos van student)
Potchefstroom/Bloemfontein
Kort Bylaag
Ek het in my brief genoem dat ondersoek ingestel moet word na wat Darwin-skeptici self sę. Ek gee dus nou bronne wat handig te pas kan kom:
Hier is twee webwerwe waar wetenskaplikes `n lys teken of publiek verklaar en voel op streng wetenskaplike gronde hou Darwinisme nie water nie:
www.dissentfromdarwin.org/
www.pssiinternational.com/
Webwerwe van die Intelligente Ontwerpbeweging:
www.intelligentdesign.org
www.arn.org
www.discovery.com
Die kreasionistiese kamp: