Brief van meganiese ingenieurstudent

Hier word 'n brief weergegee wat deur 'n meganiese ingenieurstudent aan Prof van Zyl van die Universiteit van die Oranje-Vrystaat gerig is. Die brief is geskryf na aanleiding van 'n resensie wat Prof van Zyl gelewer het op George Claassen se boek: 'Geloof, bygeloof en ander wensdenkery'. Aangesien die brief redelik lank is, het ek dit in ses dele verdeel. Dit is vir my 'n riem onder die hart dat jongmense steeds vir hulle self die feite probeer uitklaar, ten spyte van die sekerheid waarmee die evolusieteorie deesdae aan studente voorgehou word as voldonge feit. Lees verder...