Brief van meganiese ingenieurstudent Deel 3

SciŽntisme

Die volgende gedeelte wat u aanhaal uit Claassen se boek is ook iets wat ek aandag aan wil gee en `n paar opmerkings oor wil maak. Dit lui:

ď... wat die wetenskap oor die lewe en dood te sÍ het, kan nie versoen word met godsdienste wat `n skepping deur `n almagtige God en `n ewige lewe verkondig nie.Ē

Daar is `n baie spesifieke naam vir hierdie soort redenering. Wetenskapsfilosowe noem dit SciŽntisme, wat ook baie erg is op empirisisme (of so dink hulle). In hierdie siening is die wetenskap die enigste bron wat kennis aan die mens kan bied. Daar is dus nie plek vir godsdiens of selfs net filosofie, redenasie en denke nie. SciŽntisme is in `n groot mate selfweerleggend vir minstens twee redes: Eerstens benodig die wetenskaplike ook denke, dinkwerk en redenasievermoŽns om tot gevolgtrekkings te kom, afleidings te maak en hipoteses op te stel, veral ook oor dinge wat nog nie seker is nie. Tweedens kan die wetenskap nie bewys dat slegs die wetenskap kennis aan die mens kan bied nie.

Natuurlik is die evolusieteorie vir Claassen harde Ďwetenskapí (waarmee ek natuurlik nie saam stem nie) en dit is hoekom ek hom van SciŽntisme beskuldig. Maar kom ons neem vir `n oomblik aan dat sy veronderstelling oor evolusie waar is, en ons vat hierdie tipe redenasie `n bietjie verder. Soos reeds genoem, is die Darwinistiese meganisme een van wreedheid waar die sterkes noodwendig die swakkes moet elimineer. Indien dit nie gebeur nie, gaan evolusie nie voort nie en ontwikkel ons eenvoudig nie. Dus kan Suid-Afrika se beleid om byvoorbeeld gestremde mense regte te gee as `n sonde teen die volk/mensdom beskou word. Die idee is heeltemal onversoenbaar met sy evolusionistiese wetenskap. Nie net wis ons nie die swakker organismes uit nie, maar ons laat in baie gevalle toe dat defekte gene in ons genepoel bly voortbestaan, wat noodwendig baie nadelig is vir ons evolusie!

Watter aaklige gedagte... ek is seker Claassen sal erg teen so iets kapsie maak, maar dit is presies waarop die saak neerkom. Ook is dinge soos oorlog eintlik baie goed vir die mensdom, omdat dit dan natuurlike seleksie soveel vinniger laat plaasvind. Intussen weet enige iemand wat belese is oor die onderwerp van oorlog, of self daardeur is, dat dit die mensdom breek en `n verskriklike ding is. Maar die idee dat daar vrede vir te lank is, is eenvoudig onversoenbaar met wat die Ďwetenskapí daaroor te sÍ het! Evolusie moet voortgaan. U sal dink dat mense hulle nie aan sulke irrasionaliteite sal onderwerp nie, maar die geskiedenis het gewys dat juis hierdie tipe redenasie alreeds toegepas is in die verlede met verpletterende gevolge.

Charles Darwin se neef, Francis Galton het iets ontwikkel met die naam van ďEugenicsĒ, wat letterlik Ďskoon geení beteken. Mense wat Eugenics aanhang is wreed, ongenadig en is vir van die grootste euwels in die 20ste eeu verantwoordelik. Margaret Sanger was `n Amerikaanse vrou en het `n organisasie met die naam van ďPlanned ParenthoodĒ gestig. Die naam is NIE wat dit sÍ nie, naamlik dat ouers net verantwoordelik moet beplan hoeveel kinders hulle moet hÍ nie. Sy het letterlik die idee van die Ďskoon geení toegepas. Sy was uiters rassisties, het die wreedste metodes van aborsie ondersteun, maar meer nog kindermoord (Engels: infanticide), die idee dat kinders/babas lank na hulle geboorte Ďgeaborteerí kan word en was ook verantwoordelik vir baie mense wat teen hulle wil gesteriliseer is. Sy was fanaties oor haar idees en het haar eie twee kinders verskriklik afgeskeep. Maar ongelukkig het haar en Galton se invloed nie net in die VSA gebly nie.

In die Tweede WÍreldOorlog het die Naziís presies dieselfde beginsel gebruik. Hulle het ook hulle hele filosofie om Eugenics gebou. Nie net is die Jode (swakker ras) uitgemoor nie, maar gestremde mense, of selfs mense wat nie aan sekere fisiese kriteria voldoen nie, is in groot Eugenics sentrums soos diere omgebring. Uit hierdie lig en in hierdie konteks het iemand eens die interessante opmerking gemaak: ďHitler was a bad man, but he was not a mad man...Ē

Ek dink nie ek hoef verder uit te brei oor hierdie onderwerp nie. Al wat ek kan sÍ is, dat idees gevolge het, en SciŽntisme ook. So Claassen weef homself netjies in `n dodelike strik. Al bogenoemde wreedhede is heeltemal in orde met wat sy wetenskap oor die lewe en oor die dood te sÍ het!

Natuurlike Seleksie

Die volgende afdeling wat ek graag wil aanspreek, is die gedeelte waar u oor Claassen se siening van natuurlike seleksie uiteen sit. U sÍ:

ďAlles het deur natuurlike prosesse ontstaan; daar is geen plek vir God wat skep nie. Dis vir hom [Claassen] ondenkbaar dat mense hierteen kan stry.Ē

Dit mag u dalk verbaas dat ek die verskynsel van natuurlike seleksie aanvaar as iets wat ons in die natuur kan waarneem. So die vraag is dan, watter verband het dit met God, evolusie en die wetenskap?

Net iets interessant. Baie mense dink dat die idee van natuurlike seleksie by Charles Darwin ontstaan het. Mag ek u verras om met u mee te deel dat dit eintlik nie die geval is nie. Minstens twintig jaar voor Darwin sy Origins of Species uitgebring het, het iemand anders met die naam van Edward Blyth die idee gepubliseer. Hy was `n dierkundige sowel as `n chemikus. Daar is egter een kenmerkende verkil tussen Blyth en Darwin se siening van die verskynsel. Blyth het dit net gesien as `n preserverende aksie terwyl Darwin dit tot `n skeppende krag probeer verhef het. Ek glo dat natuurlike seleksie slegs op `n beperkte wyse sekere individue in bevolkings kan uitkies. Om `n voorbeeld te verduidelik:

Gestel ons het `n bevolking van honde. In hierdie honde bevolking se genepoel is daar natuurlike variasie (hulle noem dit biogenetiese diversiteit) vir lang hare, medium lengte hare en kort hare. Skielik verander die weer en word dit baie koud. Die hondjies wat met kort- en medium lengte hare gebore word, sterf uit a.g.v. die koue. Dit gebeur oor `n paar geslagte heen. Later is hierdie spesifieke honde bevolking volledig ďaangepasĒ vir die koue, want almal het nou lang hare. Natuurlike seleksie het dus gewerk. Maar nou kom daar `n paar belangrike aspekte in wat die groot verskil begin maak. Eerstens het natuurlike seleksie nie enige iets geskep nie. Dit het slegs gewerk op wat alreeds beskikbaar was in die honde bevolking se genepoel, naamlik lang hare. Tweedens het daar eliminasie plaasgevind. Die gene en genetiese inligting wat vir medium en kort hare kodeer, is nou verlore, as die proses lank genoeg plaasgevind het. Dus het natuurlike seleksie eintlik teen evolusie gewerk, want die variasie het minder geword. Sou die weer in ons hipotetiese situasie weer warm (genoeg) word, sal die honde na alle waarskynlikheid uitsterf, want hulle sal nie weer kan aanpas nie. Die kortharige variasie is uitgewis.

Interessant genoeg is dit presies die rede hoekom sekere diere soos die jagluiperd in Suid-Afrika op die randjie van uitsterwing is. Dit het nie meer `n breŽ variasie in sy genepoel om aan te pas by verandering in die omgewing nie. So ver ek weet leer hulle hierdie voorbeeld (van die jagluiperd) vir skoolkinders in die huidige lewenswetenskap sillabus. Die evolusionis moet natuurlik allerhande ad hoc-teorieŽ probeer uitdink om vir hierdie verleentheid te probeer voorsiening maak.

Maar daar is meer.

Natuurlike seleksie verminder nie net altyd variasie nie, maar kies soms die verkeerde goed uit vir vis-tot-filosoof evolusie om te kan werk. AteÔste is mal daaroor om te verwys na sekere visbevolkings wat in grotte leef. Hierdie visse het nie meer normale werkende oŽ nie. Hulle is blind en daar is net `n oorblyfsel van wat eens `n oog was. Hulle beweer dan dat dit wys evolusie werk! Dit het die dier volledig laat aanpas by die omstandighede.

Maar in werklikheid het presies die teenoorgestelde gebeur! Natuurlike seleksie het wel gewerk, maar die spesie het weereens genetiese inligting verloor Ė nie bygekry nie. Vir bakterieŽ om met tyd in mense te evolueer moet miljarde nuwe genetiese instruksies en nuwe fisiese entiteite bygekry word, maar hier het ons weereens (!) net iets verloor. Tot op hede het elke sogenaamde Ďvoordelige mutasieí wat gevind is nog net genetiese inligting laat verminder. Dit is voordelig vir die visse om sonder oŽ te wees in hierdie grotte, want die met oŽ het dit telkens teen die grotwande gestamp, beseer en infeksie gekry Ė maar die punt is, hulle het iets verloor!

Soos iemand dit eens tereg uitgewys het, toe hy gepraat het van natuurlike seleksie en mutasie: ďEvolutionís engine becomes evolutionís endĒ! Lees verder...