Anatomie | Fisiologie | Genetika | Patologie | Voortplanting | Die outeur | Addisionele leesstof | Skakels

Porfirie

Porfirie kom voor indien enige van agt verskillende ensieme wat 'n rol speel by die vorming van heem (die hoofbestanddeel van hemoglobien, suurstofdraende rooi kleurstof in bloed en ander belangrike proteďene) in gebrekkige hoeveelhede in die liggaam voorkom. Sekere vorms is geneties, maar ander kom voor indien daar skade aan die lewer aangerig is sodat hierdie ensieme in lae hoeveelhede geproduseer word.

'n Voorstelling van die vorming van heem in die sel.
Ensieme word in blou vertoon.

Die lewervorm van porfirie lei tot senuweesimptome (epileptiese aanvalle, psigose, erge rug- en buikpyn en algemene verlamming. Die bloedvorm lei tot velprobleme, te wete 'n liggevoelige uitslag en oormatige haargroei.

Heem is 'n lewensnoodsaaklike proteďen wat nie net in hemoglobien nie, maar ook in mioglobien (suurstofdraer in spier), die ensieme katalase en peroksidase en ook in P450 sitochroom (belangrike molekules vir respirasie) in die lewer en die long voorkom. Die vorming van heem in die liggaam is soos alle ander prosesse baie ingewikkeld en daar word niks aan toeval oorgelaat nie — al die ensieme moet optimaal funksioneer anders is daar probleme vir die organisme.

Die feit dat die meeste van hierdie prosesse bykans dieselfde in alle spesies verloop hoef nie op gemeenskaplike evolusionęre oorsprong te dui nie; dit dui veel eerder op 'n gemeenskaplike Ontwerper wat alles haarfyn geskape het. Geen persoon wat 'n Rolexhorlosie op die strand optel sal wonder hoe dit ontstaan het nie. Die menslike liggaam met al sy uiteenlopende fasette is oneindig meer ingewikkeld as daardie horlosie — hoe kan iemand met selfs 'n greintjie kennis van die liggaam redeneer dat dit die produk van doellose, lukrake, toevallige mutasies en daaropvolgende oorlewing van die geskikste was?

Bron: Wikipedia