Hoofblad | Anatomie | Genetika | Fisiologie | Voortplanting | Die outeur | Addisionele leesstof | Skakels

Patologie

Patologie handel oor alles wat moontlik mag fout gaan in die liggaam.  Daar bestaan verskeie stelsels waaronder siektes geklassifiseer word en een daarvan is die 'DAMNIT'-stelsel (nogal ironies dat skewe woorde altyd meer byval vind as akronieme). Die onderskeie letters staan vir die volgende afdelings van siektetoestande:

Onder elkeen van hierdie afdelings is daar uiteraard honderde verskillende siektetoestande wat mens en dier aantas en selfs doodmaak.  Hoe meer die geneeskunde op diagnostiese gebied vorder, hoe meer nuwe siektes word ontdek of word oorsake vir voorheen geheimsinnige siektes ontbloot.   Ten spyte van geweldige vordering op geneeskundige terrein is daar talle siektes wat medici steeds magteloos laat.  Een van hierdie siektes is Hondsdolheid wat al vir duisende jare bekend is, maar wat steeds honderde slagoffers jaarliks eis.



Hondsdolheidvirusdeeltjies in 'n senuweesel (swart pyle).
Met dank aan E van Wulpe, Fak. Veeartsenykunde, UP.

Hoewel virusse baie eenvoudige organismes is, kan hulle nie sonder die meer komplekse dier- en plantselle oorleef nie.  Die eenvoudigste selfrepliserende organisme is die mikoplasmas waarvan die kleinste uit ongeveer 650 verskillende proteïene bestaan, met elke proteïen bestaande uit gemiddeld 400 aminosure in komplekse drie-dimensionele strukture.  Vir die evolusionis is die sprong van nie-lewende materie tot by die eenvoudige mikoplasma 'n geweldige groot geloofstap.  Prof Harold Morowitz van Harvard (self 'n erkende evolusionis) het bereken dat die statistiese kans dat so iets spontaan sou plaasvind 1 in 10100 000 000 000 was!  (Die grens van 'n onmoontlike gebeurtenis word gewoonlik as 1 in 10150 beskou).

Duisende siektetoestande het 'n genetiese basis.  Hulle word gewoonlik deur mutasies veroorsaak terwyl daar bitter min (indien enige) positiewe mutasies bestaan.  Die evolusionis sal egter steeds volhou dat mutasies vir die rou materiaal vir evolusie verantwoordelik was, ten spyte van die gebrek aan empiriese bewyse daarvoor.  Hieronder kan u die siektes met 'n genetiese basis sien wat op die menslike chromosoom 1 voorkom:



Met dank aan: Human Genome Project

Ek gaan nou 'n paar van hierdie siektes bespreek om u 'n idee te gee van hoe fyn gebalanseer die fisiologie moet werk om 'n gesonde organisme wat kan oorleef daar te stel. In die lig van die groot aantal dodelike of ongunstige mutasies en die nypende tekort aan positiewe of gunstige mutasies behoort dit duidelik te wees dat mutasies kwalik tot verbeterde organismes kan lei.

Siekte en lyding is volgens Genesis die direkte gevolg van die eerste mense se ongehoorsaamheid aan God se opdragte. Die evolusionis sien siekte en lyding egter as 'n noodsaaklik siftingsproses om te verseker dat net die beste genetiese materiaal oorleef. Volgens die evolusieleer het miljarde jare se mutasies en sterfte uiteindelik gelei tot die produk wat ons Homo sapiens noem. Die feite tot ons beskikking getuig egter teen hierdie denkproses, want oral waar ons kyk sien ons net 'n groot aantal nadelige mutasies in die menslike gene en bitter min, indien enige, mutasies wat tot 'n verbeterde individu lei. Waarom dan nog in 'n onbewysbare teorie glo? Ek dink prof. Richard Lewontin som dit baie raak op: (klem in die oorspronklike)

We take the side of science in spite of the patent absurdity of some of its constructs, in spite of its failure to fulfil many of its extravagant promises of health and life, in spite of the tolerance of the scientific community for unsubstantiated just-so stories, because we have a prior commitment, a commitment to materialism. It is not that the methods and institutions of science somehow compel us to accept a material explanation of the natural world, but, on the contrary, that we are forced by our a priori adherence to material causes to create an apparatus of investigation and a set of concepts that produce material explanations, no matter how counter-intuitive, no matter how mystifying to the uninitiated. Moreover, that materialism is an absolute, for we cannot allow a Divine Foot in the door...

Die meeste mense gryp die evolusieleer met ope arms aan, want dit neem die verantwoordbaarheid vir hul optrede weg. Die morele verval wat wêreldwyd en ook in ons eie land waargeneem kan word is myns insiens 'n direkte voortvloeisel daarvan: vervang die besef van sonde met die dwaling dat ons slegs verdergeëvolueerde primate in 'n tydlose oorlewingstryd is en elkeen ploeter sonder gewete voort, besig om soveel hy kan vir homself in te palm en sy/haar lewe ten alle koste te geniet, sonder om hom/haar oor enige nagevolge te kwel.