
Nuwe boek!
Dr Hennie Mouton het 'n nuwe boek: "Verken Lewenswetenskappe verder— 'n kritiese evaluering van evolusie" die lig laat sien wat leerders inlig oor die wetenskaplike weerlegging van die sogenaamde bewyse wat vir evolusie aangebied word in die vak Lewenswetenskappe vir Gr 12.
Laat ek Dr Mouton egter self aan die woord stel:
Die doel van hierdie boek is om onder andere aan onderwysers, leerders en hul ouers op die wetenskaplik onoortuigende aard van die evolusiemateriaal te wys wat in die graad 12-vak Lewenswetenskappe in 2008 aangebied is. Een van die beter handboeke was "Verken Lewenswetenskappe", met skrywers F. Clitheroe, M. Doidge, S. Marsden, S. Rampou en I. Van Aarde, en dis op hierdie handboek waarop hoofsaaklik gekonsentreer word. Daar word ook gewys op die manier waarop die skepping soos in die Bybel geopenbaar, aan byvoorbeeld Afrika-mites oor oorspronge en verdraaiings van ander volke, gelyk gestel word. Daarteenoor stel die Bybel dit duidelik Wie die Skepper is, waarvan die volgende verse ’n besondere voorbeeld is:
Joh. 1:1-5 : In die begin was die Woord, en die Woord was by God, en die Woord was God. Hy was in die begin by God. Alle dinge het deur Hom ontstaan, en sonder Hom het nie een ding ontstaan wat ontstaan het nie. In Hom was lewe, en die lewe was die lig van die mense. En die lig skyn in die duisternis, en die duisternis het dit nie oorweldig nie.
Ek het deurgaans uit die boek "Verken Lewenswetenskappe" aangehaal, dit in kleindruk in ’n blok geplaas vir maklike uitkenning, of beskrywings gegee, en dan daarop kommentaar gelewer. Groot gedeeltes van my kommentare is direk uit my boek "Skepping & Evolusie – onversoenbaar!", 3de druk Junie 2007, geneem waar baie meer inligting oor spesifieke onderwerpe, ander toepaslike velde en die groter geheel betreffende skepping en evolusie gevind kan word.
My pryse is soos volg:
Boek self, per boek: 1 boek: R60, 2 boeke: R55, 3 boeke: R50, 4 boeke:
R45, 5 boeke of meer: R40
Posgeld, per boek: 1 boek: R25, 2 boeke: R12.50, 3 boeke of meer: R10
Indien u hierdie handige boek wil bekom, kontak Dr Hennie Mouton per e-pos om eksemplare te bestel.
Vir dié wat meer inligting wil hê, hier is die inhoudsopgawe:
Voorwoord
1. Sogenaamde getuienis vir biologiese evolusie
1.1 Wat ingeligte bioloë verswyg
1.2 Evolusie, tyd en Haldane se dilemma
1.3 Miller-Urey-eksperiment
1.4 Darwin se boom van die lewe
1.5 Homologie
1.6 Haeckel se embrio’s
1.7 Natuurlike seleksie en Darwin se vinke
1.8 Antibiotika en insekdoders
1.9 Van aap tot mens
1.91 Inleiding
1.92 Australopithecus en Paranthropus
1.93 Homo habilis
1.94 Homo erectus
1.95 Neanderdallers
2. Paleo-antropologiese verwarring
2.1 Inleiding
2.2 Wetenskaplike misleiding en museums
2.3 Die “hominiedestamboom”, rassisme en evolusiemodelle
2.4 Vroeë Homo sapiens
2.5 Fossieltabelle
2.6 Breingrootte, intelligensie en klassifikasie
2.7 Nie-evolusionistiese verklarings vir morfologie
2.71 Die Ystydperk se effek
2.72 Nie-evolusionistiese verklarings deur evolusioniste self
2.73 Skedelveranderings weens ouderdom
2.74 Mitochondriese DNS-getuienis
3. Gelowe en oorspronge
4. Skeppingsleer teenoor Evolusieleer
4.1 Wat glo die skeppingsleer
4.2 Wat glo die evolusieleer
4.3 Oorsprong- en historiese wetenskappe
4.4 Die Bybel weerspreek die evolusieleer
4.5 Ateïstiese basis
4.6 Wetenskaplike probleme met die evolusieleer
4.7 Wetenskaplike ondersteuning van die skeppingsleer
Verwysings
Indeks
Die skrywer
Naskrif
Persoonlike bedankings