Hoofblad | Anatomie | Genetika | Patologie | Voortplanting | Die outeur | Addisionele leesstof | Skakels

SKEPPING DEUR GOD of evolusie...uit niks? Nicolene Filmalter

Op 5 Desember 2014 het Nicolene Filmalter, dosent by Unisa, 'n boek vrygestel wat gemik is om elkeen wat al ooit vrae gehad het oor die ontstaan van die heelal van meer inligting te voorsien. Dit poog om die boek Genesis aan die hand van wetenskaplike getuienis te staaf en wil die leser attent maak op baie van die wankelrige pilare waarop die evolusieteorie gebaseer is. Ek stel haar self aan die woord:

"Dit is in alle nederigheid en met groot dankbaarheid dat ek die vrystelling van hierdie twee boeke (Afrikaans en Engelse weergawe) bekendstel (arriveer D.V. 5 Desember). Alle eer aan ons Skepper-God wat dit drie jaar gelede op my hart gelę en my met elke tree gelei het. Dit is die eerste volkleur, geďllustreerde en omvattende boeke oor die skeppingsleerwetenskap (die wetenskap wat die Bybelse Skepping ondersteun) in Suid-Afrika, spesifiek geskryf vir die nie-wetenskaplike (ouderdom 12-112). Propvol baie interessante inligting en antwoorde op daardie vrae waaroor jy nog altyd gewonder het!

Prys R220 (254 bladsye), Postnet tot Postnet = R99 vir eerste 5kg (boek weeg 600g) of direkte aankope by my. Addisionele verspreidingspunte sal met verloop van tyd op die webblad aangetoon word. Vir verdere inligting en bestellings, besoek asb die webblad: www.creation-skepping.co.za.
Alles tot Sy eer!"