
- Opwindende nuwe boek vir kinders en die man op straat oor die ontstaan van die heelal deur Nicolene Filmalter.
- Interessante brief van 'n ingenieurstudent aan 'n professor.
- Die wetenskap en wonderwerke.
- Kunsmatige lewe verwek!!
- Negentien artikels wat vanaf Januarie 2010 in die Rustenburg Herald verskyn het.
- Boek vir leerders, onderwysers en ouers deur Dr Hennie Mouton.
Inleiding
Daar is vandag bitter min televisieprogramme, tydskrifartikels en koerantberigte oor die natuurwetenskap en oorsprong van die heelal wat nie op oortuigende wyse aan die toehoorder of leser berig lewer oor die onomstootlike bewyse van evolusie nie. Richard Dawkins, wêreldbekende bioloog, ateïs en evolusionis het die volgende opgemerk:
"It is absolutely safe to say that if any person you meet claims not to believe in evolution he is either ignorant, stupid or insane (or wicked)".
Hy is ook die outeur van die volgende stelling wat teen die mure van die Sterkfonteingrot se tentoonstellingsarea pryk:

Is daar enige waarheid in hierdie stellings, of is die leer van evolusie 'n uiters goed georkestreerde leuen om die mensdom op 'n dwaalspoor te lei? Ek gaan poog om die leser in te lig oor die wankelbaarheid van die evolusieleer en oor talle aspekte van die natuur wat geensins daarmee strook nie.
Ek was van kindsbeen af gefassineer deur die verstommende kompleksiteit van die heelal. Van die ontsagwekkende afstande tussen die sterre en planete tot die prag van 'n blom of 'n skoenlapper het my aandag getrek. Dit is egter eers tydens my tienerjare met die bestudering van vakke soos Biologie en Natuur- en Skeikunde dat die wêreld nog meer asembenemend begin voorkom het. Op universiteit het die wonder van die biologie net verder verdiep en oor die jare tydens aktiewe veeartsenypraktyk het ek net al meer besef dat evolusie 'n baie vergesogte leerstelling is.
![]() |
Spiraalgalaksie N1672 (Hubblesite) |
Stap gerus saam met my deur 'n baie klein deeltjie van my ervaringsfeer deur op een van die skakels hierbo te kliek en kyk of u nie met my sal saamstem nie...