
Genetika
Die afgelope paar dekades is 'n geweldige hoeveelheid inligting in die veld van genetika opgestapel. Die afgelope paar jaar is die menslike genoom (die molekules in die kern wat alle oorerflike faktore bevat) presies bepaal. Die resultate is verstommend: Daar is slegs vier verskillende molekules in die genoom wat ons genetiese samestelling bepaal. Inteendeel, dit is hierdie selfde vier molekules wat in plante, bakterieë en alle ander lewende wesens dieselfde funksie vervul.
Indien die DNS (Eng. DNA) van een sel uitgerek sou word, is dit 'n verbysterende 1,7m lank, dog is dit in 'n ruimte van ongeveer 3 duisendmiljoenstes van 'n kubieke millimeter ingepas! Dit beteken dat indien een kopie van die DNS van elke mens wat ooit geleef het saamgegooi word, dit saam slegs die massa van 'n hoofpynpil sou hê! As al die inligting in al die selle van een persoon neergeskryf sou word, sou dit egter die Grand Canyon 75 keer met boeke vul.
Elkeen van hierdie komplekse molekules word egter verdubbel binne twintig tot veertig minute tydens seldeling om 'n volmaakte kopie aan elke nuwe sel te voorsien.
![]() |
'n Voorstelling van die verwekking van proteïene in die sel |
Die geweldige ingewikkelde ontwerp van selfs die eenvoudigste selle het Prof. Harold Morowitz van Yale Universiteit (self 'n erkende evolusionis) genoop om die moontlikheid uit te werk dat so 'n sel spontaan sou kon ontwikkel. Hy het met die astronomiese syfer van 1 in 10100 000 000 000 vorendag gekom. Hierdie syfer is moeilik om te begryp want dit sou 100 000 boeke neem slegs om dit neer te skryf, maar mens kan 'n idee vorm as jy in ag neem dat daar maar 'n geskatte 1080 elektrone in die heelal is en dat die heelal geskat word om sowat 2,5 x 1020 km wyd te wees! In teenstelling hiermee is die kans dat enige enkel persoon elke week vir tagtig jaar lank 'n lotery waarin 10 000 000 kaartjies verkoop word kan wen 'n skrale 1 in 1027 140!!!
Superrekenaar se Moses!
Met behulp van superrekenaars het wetenskaplikes vasgestel dat daar geenbeheernetwerke (Gene regulatory networks) in bakterieë bestaan wat die organisme help om te besluit om te verdeel al dan nie. Die rekenaars neem tipies sowat veertig uur om die netwerke te ontsyfer, maar die organisme self neem die besluit binne sekondes! Hieronder is 'n voorbeeld van so 'n netwerk in 'n bakterium. (Vanaf die VSA Dept. van Energie se Genoomprogram)

Die skema hierbo behels maar net 'n gedeelte van die besluitnemingsprosesse van die bakterium. Dit is dan ook baie duidelik dat selfs die eenvoudigste organismes oor hoogs ingewikkelde stelsels beskik om hul oorlewing moontlik te maak. Net soos wat dit onmoontlik is vir 'n skootrekenaar of 'n pendeltuig om oor miljarde jare spontaan uit rommel te ontstaan (al sou al die individuele komponente reeds teenwoordig wees), so is dit ook onmoontlik dat selfs die eenvoudigste sel spontaan kon ontstaan.
Ingewikkelde masjinerie
Onderliggend tot die voortbestaan van lewe is die voortbring van nuwe selle en materiaal om hierdie selle in stand te hou. Sonder die vorming van nuwe selle sou enige organisme nie baie lank kon oorleef nie en sou die herstel van beskadigde weefsel nie moontlik wees nie. Oppervlakkige selle in die vel word byvoorbeeld elke drie weke vervang, terwyl die dermkanaalepiteel elke twee tot drie dae met nuwe selle pryk.
Ten einde nuwe proteïene te vorm, moet 'n molekule genaamd RNS (ribonukleïensuur) vanaf die DNS- bloudruk gevorm word. RNS verskil van DNS daarin dat een van die basismolekules van DNS genaamd Tirosien met Urasiel in die RNS-molekule vervang word. Om hierdie RNS-molekule te vorm, is verskeie ensieme (wat ook maar proteïene is wat 'n spesifieke proses in die sel versnel) nodig. Hierdie ensieme vorm saam 'n eenheid genaamd RNS-polimerase. In die skets hierlangsaan (Vanaf die VSA Dept. van Energie se Genoomprogram) word die onderlinge ensieme se werking skematies voorgestel.
Aangesien die ensieme asook DNS en RNS onontbeerlik is vir proteïensintese volg dit dat al die produkte van die begin af reg moes funksioneer. Verder moet die regte geen tussen ongeveer 30 000 ander uitgekies word en dit terwyl die DNS driedubbel opgerol is! Die logistiek agter al die organisasie binne die sel begin al hoe ingewikkelder lyk hoe meer ons daarvan leer — vir enige onbevooroordeelde toeskouer is dit duidelik dat die hand van 'n Skepper hier te sien is.