Die wetenskap en wonderwerke

Op 'n dag in Februarie 2012 kry ek 'n oproep van 'n goeie vriend. Hy is leraar by een van die susterskerke en hanteer twee Graad twaalfklasse tydens Bybelperiode op Donderdae by een van die plaaslike hoërskole. Sommige van die leerders het gekla dat hul tyd gemors word in hierdie periode want, so glo hulle, die wetenskap het bewys dat daar nie iets soos wonderwerke is nie. Ek het al 'n paar keer by sy gemeente oor die onderwerp van evolusie gepraat en daarom voel hy ek kan moontlik die leerders kom toespreek oor die onderwerp. Ek het nie twee keer daaroor nagedink nie — hoe kan enigeen wat in evolusie glo nie bewus wees van al die wonderwerke wat oor die miljarde jare tydens die evolusieproses moes gebeur nie?

Nou kan ek al sien hoe raak menige evolusie-aanhanger warm onder die boordjie. Wonderwerke?? Basta, jy het nie 'n idee waarvan jy praat nie! Maar wag, moenie te gou oordeel nie, ek wil hier die vier wonderwerke bespreek wat ek die daaropvolgende Donderdag vir hulle voorgehou het. Ek wil die leser nooi om nugter en met 'n oop gemoed daarna te kyk sonder om vooraf tot 'n slotsom te kom en te kyk of ek nie dalk 'n punt beethet nie.

'n Wonderwerk is enige gebeurtenis wat enige van duisende goed bewese natuurwette verontagsaam. As iemand dit sou regkry om op water te loop sal dit vir seker as 'n wonderwerk gesien word — ondervinding leer vir ons dat dit normaalweg nie gebeur nie. Indien 'n persoon wat dood verklaar is, opstaan is dit niks minder as 'n wonderwerk nie — duisende jare se ondervinding en wetenskaplike getuienis maak so 'n gebeurtenis onmoontlik. (Mits ons natuurlik honderde gevalle van skyndood buite rekening laat!) Indien ons dus saamstem oor die definisie van wonderwerke wil ek die volgende vier goed bewese natuurwette bespreek in die lig van die evolusieteorie soos ons dit vandag verstaan.

1) Die eerste wet van termodinamika

Een van die uitvloeisels van hierdie wet is dat energie nie geskep of vernietig kan word nie. Oor die afgelope 150 jaar is hierdie wet deur en deur bewys. Die evolusieteorie wil ons egter wysmaak dat dit wel gebeur het, reg aan die begin van alles tydens die 'Big bang' of oerknal. Volgens die evolusieleer het alles wat ons om ons sien in 'n breukdeel van 'n breukdeel van 'n sekonde uit 'n geweldige klein punt uitgedy tot 'n massiewe groot ruimte gevul met atomiese deeltjies. Binne etlike miljoene jare het dit verder vergroot tot die ontsaglike heelal met al sy triljoene sonne wat ons vandag kan waarneem.

Discover Magazine se voorblad April 2002. Let op die voor-
stelling van die heelal se grootte 10-34 sek. na die oerknal!!

Voor hierdie gebeurtenis was daar absoluut niks! As die evolusieleer waar is het ons dus hier voorwaar met 'n wonderwerk te doen wat die eerste wet van termodinamika verontagsaam het. Gegewe die hoeveelheid energie wat in die bekende heelal bestaan soos in die volgende paragraaf te sien is hierdie ook nie sommer enige ou wonderwerkie nie, maar 'n reusagtige een!

Die hoeveelheid energie in die heelal is ongelooflik: Die son verbrand 4,5 miljoen ton waterstof per sekonde. Deur kernfusie stel 4g waterstof genoeg energie vry om 968 000 liter water te kook! Dit sal die son 21 minute neem om al die see se water te laat kook as al die energie vrygestel op een of ander manier op die aarde gekonsentreer kon word.1 Daar is 100 000 000 000 sterrestelsels met gemiddeld 100 000 000 000 sterre in elk waarvan baie sterre duisend keer groter as ons s’n is. Dus is die hoeveelheid energie in die bekende heelal so groot dat dit enige mens se verstand te bowe gaan, maar as die evolusieleer waar is het alles sonder toedoen van enige uitwendige agent verskyn!

2) Die tweede wet van termodinamika

Die totale hoeveelheid benutbare energie in ‘n geslote stelsel neem af met tyd. Anders gestel neig geslote stelsels van orde tot maksimum wanorde. Goeie voorbeelde hiervan is ‘n stomende koppie koffie in ‘n goed geďsoleerde houer, 'n motor wat in die son geparkeer staan en ‘n tiener se kamer. In al drie hierdie gevalle sal die orde van die stelsel afneem met tyd tensy 'n uitwendige invloed daarop inwerk. Indien die koppie nie met hitte-energie warm gehou word nie, sal dit die temperatuur van die omgewing aanneem en die temperatuur van die stelsel self sal ook afneem met tyd al is dit hoe goed geďnsuleer. Die voertuig wat in die buitelug geparkeer staan sal deur die elemente verniel word en uiteindelik in onbruik verval tensy dit deur iemand onderhou word. Die tiener se kamer sal net meer en meer deurmekaar raak totdat iemand van buite die kamer besluit om dit reg te pak. (Hier moet ons egter nie veralgemeen nie: daar is wel uitsonderings waar die tiener self inisiatief sal neem!)

Evolusie beweer net mooi die teenoorgestelde: dat die heelal al meer georganiseerd geraak het oor die afgelope 13 miljard jaar. In die eerste plek moes die energie wat skielik ontstaan het georganiseer het om subatomiese deeltjies te vorm. Hierdie deeltjies (kwarke) het mettertyd georganiseer in hadrone (Protone en neutrone). Die Waterstof- en Heliumgas wat wonderbaarlik uit die kwarksop ontstaan het, het dan oor miljoene jare vanself begin saampak om galaksies en later sterre te vorm. (Sien ook die volgende afdeling) Hierdie twee elemente het dan oor miljarde jare deur fusie in ander elemente omgesit (verdere verhoging in orde) en later organiese stowwe gevorm wat tot die ontstaan van lewende organismes gelei het (Sien die vierde wet).

Stelselmatig het daar dus meer en meer komplekse organisasie plaasgevind: van niks tot Waterstof en Helium, van gaswolke tot galaksies en sterre, van Waterstof en Helium tot meer komplekse atome, van komplekse atome en molekules tot lewe, van lewe tot meer en meer komplekse lewende organismes. Uiteindelik het dit kwansuis oor 13,5 miljard jaar gelei tot die mees komplekse struktuur in die heelal: Die menslike brein. Dit lyk vir my eerder of die tweede wet van termodinamika miljarde kere oortree is: Dus 'n hele string wonderwerke. Die grootste wonderwerk van hulle almal is egter die organisasie van nie-lewende materie tot 'n lewende organisme. (Sien die vierde wet)

'n Magnetiese resonansbeeld van die skrywer se brein.
"Ook maar klein", hoor ek 'n evolusievoorstaander sę.

3) Die algemene gaswet

Hierdie wet kan as sulks voorgestel word:

pV=nRT

waar p die druk , V die volume, n die molęre hoeveelheid, R die universele gaskonstante en T die temperatuur van die gas in Kelvin voorstel. Die volume van ‘n gas is direk eweredig aan die temperatuur daarvan: As die gas nie in 'n houer vasgevang word nie, sal die gas se volume uitsit indien die temperatuur verhoog word. 'n Gas wat in 'n houer is sal saampersing tot 'n groot mate weerstaan: kyk maar wat gebeur as lug in 'n spuit saamgedruk word. Sodra die spuit se plunjer gelos word sal die gas weer uitsit tot die oorspronklike volume.

Daar is dus geen natuurlike verklaring daarvoor dat interstellęre wolke soos die een in die foto hier onder vanself sou saampak om sterre te vorm nie. Indien 'n uitwendige krag op die wolke sou inwerk, sou dit geweldige druk vereis het om die gas tot 'n vaste stof saam te pers. Om kernfusie aan die gang te sit, is temperature van meer as 1 miljoen grade nodig. Om ‘n mediumgrootte ster soos die son te vorm, is die Waterstof in ‘n sfeer met radius keer 100 000 groter as die van ons sonnestelsel nodig!2 Dit is ‘n afstand tien keer verder as die naaste ster! Hierdie ongelooflike hoeveelheid stof moes ook vanself begin tol het terwyl dit saamgepers word en boonop verhit word tot 1 000 000 grade C. In die lig van die algemene gaswet nie 'n onbenullige wonderwerk nie!

'n Gasnewel met duisende sterre in die agtergrond.   NASA.

4) Die wet van biogenese

Pasteur het 150 jaar gelede bewys dat lewe slegs van lewe afkomstig is: “La génération spontanée est une chimčre” (“Spontaneous generation is a dream”). Lewende organismes is ongelooflik ingewikkeld en kan slegs afkomstig wees van ‘n intelligente ontwerper. Voorbeelde hiervan is die flagella van beweeglike bakterieë, die F1-F0 ATPase motors in mitochondria en miosienmotors in selle.Bakterieë is volgens die evolusieleer die eerste organismes wat in die prebiotiese sop ontstaan het, dog beskik hulle oor van die gevorderdste masjinerie bekend! Die sweephare of flagella van sekere bakterieë soos E. coli of Salmonella word binne minute deur die bakterium uit eenvoudige molekules vervaardig. Die sweephare draai teen 20 000 tot 100 000 omwentelinge per minuut en kan binne 'n kwartdraai van rigting verander. Dit bestaan uit sowat veertig verskillende proteďene waarvan die meeste slegs vir dié doel aangewend word. Ten spyte van die kompleksiteit van die sweephare kan sowat agt miljoen in 'n menshaar ingepas word!

'n Elektronmikroskoopfoto van die sweephaarmotor.
(Ongeveer 240 000 000 keer vergroot!!)

In elkeen van die 100 000 000 000 000 selle in ons liggame is daar tientalle mitochondria wat elk honderde klein motortjies bevat. Hierdie motortjies (F1-F0 ATPase) bestaan uit ongeveer 40 000 atome elk en draai teen 100 omwentelinge per sekonde waartydens 100 energiepakkies of ATP gevorm word wat aan die sel energie verskaf. As ons in ag neem dat dit ongeveer 10 000 pakkies energie verg om jou oë te knip is daar nogal baie van hulle nodig om te oorleef. Hierdie motortjies verskil baie min tussen bakterieë en mense wat ons laat wonder hoekom daar nie meer verskil is na 3 miljard jaar se evolusie nie!

'n Voorstelling van die F1-F0 ATPasemasjien.

Dit laat 'n mens net wonder hoekom die evolusie-aanhangers sulke dubbele standaarde handhaaf: Hierdie komplekse masjiene word geensins as die produk van 'n intelligente Skepper gesien nie, maar as hulle 'n klip optel wat net naastenby lyk of dit deur sogenaamde aapmense gebruik is, word dit onomwonde as die produk van ontwikkelende intelligensie gesien.

Die sel is net so gekompliseerd as ‘n groot stad! Een sel se DNS (Engels DNA) bevat 4000 boeke se inligting en is ongeveer 1,7 m lank as dit uitgerek sou word. Dit is egter in 'n geweldige klein ruimte ingepas en kan binne minute gedupliseer word om 'n volledige duplikaat te vorm tydens seldeling. Vir hierdie proses is verskeie ingewikkelde ensieme nodig wat gevorm word op grond van inligting in die DNS vervat. Verskeie onderdele van die sel is noodsaaklik om hierdie ensieme te vorm vanaf die DNS, dus moes die sel en die DNS van die begin af so gevorm wees. So 'n komplekse stelsel het vanself ontstaan sonder enige intelligente invloed? Hierdie is sekerlik die grootste wonderwerk van almal!

Die inligting vervat in DNS is die grootste konsentrasie van inligting bekend. In dieselfde ruimte as een kopspeld se kop kan 295 000 000 selle se DNS gestoor word. Dit is die ekwivalent van 858 562 teragrepe inligting of ongeveer 87 916 748 vollengte HD films!3 Dit beteken ook dat ons 'n volledige beskrywing van elke spesie wat nog ooit op aarde geleef het kan gee in daardie klein ruimte en nog genoeg spasie oorhet vir nege kopieë van daardie inligting! Dit noem ek 'n wonderwerk in die sterkste sin van die woord, veral as iemand glo dat dit vanself ontstaan het!

Gevolgtrekking

Die evolusieteorie is deurspek met sulke voorbeelde van natuurwette wat oortree is. Jy sal egter nęrens in die media hiervan lees nie, want die algemene publiek moet ten alle koste oortuig word van die geldigheid van hierdie lewensveranderende teorie. Richard Lewontin het dit baie goed opgesom in die volgende aanhaling:

“ We take the side of science in spite of the patent absurdity of its constructs, in spite of its failure to fullfil its extravagant promises of health and life, in spite of the tolerance of the scientific community for unsubstantiated just-so stories, because we have a prior commitment, a commitment to materialism. It is not that the methods and institutions of science somehow compel us to accept a material explanation of the phenomenal world, but, on the contrary that we are forced by our a priori adherence to material causes to create an apparatus of investigation and set of concepts that produce material explanations, no matter how counter-intuative, no matter how mystifying to the uninitiated. Moreover, that materialism is an absolute, for we cannot allow a Divine Foot in the door”

Wat hy eintlik wil sę is dat die wetenskaplike ten spyte van alles wat van die teendeel getuig gaan probeer om sy waarneming uit 'n materialistiese oogpunt te interpreteer. Hy wil ten alle koste die moontlikheid van die bonatuurlike uitskakel en selfs ignoreer al is dit hoe ooglopend. Om te sę dat die wetenskap bewys het dat daar nie so iets soos wonderwerke is nie, is na my mening 'n baie gevaarlike stelling as die wetenskaplikes doelbewus probeer om wonderwerke te elimineer. Die bostaande vier voorbeelde van bestaande natuurwette wat duidelik deur die evolusieproses oortree is behoort enigeen met 'n oop gemoed te oortuig dat daar geleenthede tydens die evolusieproses moes wees waartydens gevestigde wette geďgnoreer is en dus volgens ons definisie as wonderwerke kwalifiseer.

Die laaste sin in die aanhaling is vir iemand wat hierdie kwessie wil ondersoek van kardinale belang: Vir die meeste wetenskaplikes is daar geen ruimte vir 'n Skepper nie. Hulle sal eerder glo dat handgereedskap soos by opgrawings gevind deur aapmense vervaardig is as wat hulle sal glo dat masjiene soos die flagella van bakterieë en die F1-F0 ATPase masjiene deur toedoen van intelligensie ontstaan het. Na my mening het die leek 'n keuse: Glo in die wonderwerke deur die Skepper in sy Woord aangeteken, of glo in die wonderwerke deur die wetenskaplikes aan ons voorgehou. Vir my is die keuse ooglopend en dus baie eenvoudig!


Berekenings:

1) 4,03225 g Waterstof word deur kernfusie omgeskakel in 4,00389 g Helium, dus word 0,02863 g massa in energie omgeskakel.
Volgens die formule E = mc2 is die hoeveelheid energie:
E = 0,02863 (2,99792 X 1010)2 erg
= 0,2573 X 1020 erg
= 0,2573 X 1013 joule of 0,6156 X 1012 kalorieë.
Om 1 g yswater in stoom om te sit vereis 636 kalorieë, dus sal 0,6156 X 1012 kalorieë genoeg wees om 9,679 X 108 g of ongeveer 968 000 l water te kook.
Die son verbrand 4,5 X 109 kg waterstof per sekonde. Dit is genoeg om 4,5 X 109 X 1000 (om hoeveelheid waterstof in gram te kry)/4,0325 X 968 000 = 1,08 X 1018 l water te kook.
Daar is ongeveer 1,35 X 1021 l water in die see dus sal dit 1,35 X 1021/1,08 X 1018 = 1250 sekondes of 20,8 minute neem om al die water in die see te kook. Terug na teks

2) Massa van die son: 1,99 X 1030 kg
Massa van ‘n waterstofatoom: 1,673 X 10-21 kg
Aantal waterstofatome in die son: 1,99 X1030/1,673 X 10-21 = 1,189 X 1057
Daar is gemiddeld 1 waterstofatoom in 100 cm3 in die buitenste ruim dus sal die aantal waterstofatome in die son 1,189 X 1057 X 100 cm3 beslaan: dus 1,189 X 1059 cm3. Daar is 1 000 000 cm3 in ‘n m3 en 1 000 000 000 m3 in ‘n km3. Dus sal die aantal waterstofatome in die son 1,189 X 1044 km3 van die buitenste ruim beslaan. (1,189 X 1059/1015)
Die volume van ‘n sfeer is 4/3pir3. Daaruit volg:
Radius=(Derdemagswortel van(3/4 X 1,189 X 1044/pi))
=3,05 X 1014 km Die sonnestelsel se radius is ongeveer 2,87 X 109 km (die afstand tot by Neptunus), dus is die radius van die sfeer wat genoeg waterstof bevat 3,05 X 1014/2,87 X 109 = 106 271 maal die radius van ons sonnestelsel!
‘n Ligjaar is 9,46 X 1012 km. ‘n Afstand van 3,05 X 1014 is dus 3,05 X 1014/9,46 X 1012 = 32,24 ligjaar: Die grootte van die sfeer wat saamgepers sou moes word het 'n radius tien keer verder as die naaste ster (Proxima Centauri).Terug na teks

3) Die DNS in een sel bevat 3,2 X 109 basisse. Dit is die gelyke van 4000 boeke van 500 bladsye elk met 1600 letters per bladsy.
Die volume van een DNS molekule is ongeveer 3 X 10-9 mm3. Die volume van ‘n speldekop is ongeveer 0,752 X 3,141592 X 0,5 = 0,885 mm3. Ons kan dus ongeveer 0,885/3 X 10-9 = 295 000 000 stelle DNS daarbinne pas. Elke DNS molekule dra 3,2 X 109 eenhede dus sal 295 000 000 X 3,2 X 109 = 9,44 X 1017 deeltjies inligting in ‘n speldekop pas. Een teragreep is 1024 X 1024 X 1024 X 1024 = 1 099 511 627 776 grepe. Die totale aantal deeltjies wat ons in ‘n speldekopgrootte kan stoor is dus ongeveer 9,44 X 1017/1 099 511 627 776 = 858 562 teragrepe of (858 562 X 1024 (om gigagrepe te kry)/10) = 87 916 748 vollengte HD films van 10 gigagrepe elk!!!Terug na teks