Anatomie | Fisiologie | Genetika | Patologie | Voortplanting | Die outeur | Addisionele leesstof | Skakels

Ehlers-Danlossindroom

Ehlers-Danlossindroom is 'n skaars groep oorerflike siektes veroorsaak deur abnormaliteite in kollageenvorming. Afhangende van die mutasie kan die siekte wissel van lig tot fataal. Daar is geen spesifieke behandeling vir die siekte nie.

Daar is ses verskillende variasies van die siekte waarvan die laaste drie slegs sowat 'n honderd keer nog gediagnoseer is. Mutasies in agt verskillende gene lei tot gebreke in kollageenvorming en aangetaste persone lei aan baie los ligamente, los beweeglike vel en 'n verhoogde geneigdheid tot aneurisme (verswakte bloedvatwande wat tot akute sterfte kan lei).

Soos met die oorgrote meerderheid van mutasies het die persoon wat aan Ehlers-Danlossindroom ly 'n swakker kans op oorlewing en is daar in die geval van vroulike pasiënte 'n baie groot risiko tydens swangerskap. Ten spyte van hierdie en honderde ander nadelige mutasies wil die evolusionis ons nog steeds laat glo dat mutasies die rou materiaal verskaf in die evolusiewedloop. Dit veronderstel dat mutasies tot organismes gelei het wat 'n effense voorsprong op hul tydgenote gehad het en dus beter kon oorleef. Die volgende geloofstap wat die evolusionis moet neem is dat daardie organisme met 'n veronderstelde positiewe mutasie 'n organisme van die teenoorgestelde geslag met 'n soortgelyke of versoenbare mutasie moes vind binne sy reproduktiewe leeftyd en in dieselfde omgewing! Die evolusieleer verg geweldige baie geloof!

Bron: Wikipedia