Evolusie: n Christengelowige se perspektief — Deel 10

In die vorige artikel het ons in kort gekyk na die samestelling van die menslike brein. Met meer elektriese verbindings in een brein as in al die elektriese apparaat op aarde is dit te verstane dat daar soveel kreatiwiteit vanuit die mensdom vloei. Vandag wil ek probeer om die sluier te lig oor die funksie van hierdie fenomenale orgaan.

Kom ons vergelyk die funksie van die brein met di van n rekenaar. Miskien moet ons met n eenvoudige brein begin sodat die vergelyking nie te eensydig lyk nie. Die onderstaande tabel tref n vergelyking tussen die brein van n heuningby en n superrekenaar van die sewentigerjare (Cray Y-MP sien foto):

Die byDie superrekenaar
GrootteKleiner as 'n speldekopVerskeie kubieke m
Spoed1 biljoen/sek6 miljard/sek
Energieverbruik10 mikroWattDuisende kW
KosteWeglaatbaar kleinMiljoene Dollar
OnderhoudpersoneelGeen (genees self)Verskeie
MassaFeitlik niks1100 kg (met verkoeling)
GevolgtrekkingEvolusie??Ontwerp



Die Cray Y-MP superrekenaar. Bron: Wikipedia

In ag genome die feit dat bye kan voortplant en n baie ingewikkelde sosiale struktuur het raak die vergelyking nog meer ongelooflik. Dit is egter onverstaanbaar dat biolo steeds wil glo dat bye vanself deur evolusionre prosesse ontstaan het. Albert Einstein het op n keer ges dat die mens nie langer as vyf jaar sou kon bestaan as al die bye op aarde uitgewis word nie, so afhanklik is al ons voedselbronne van bestuiwing deur bye. Bye en plante moes dus van die begin af in harmonie ontwikkel het. Bye wat in amber (versteende boomgom) gevind is en volgens evolusionistiese tydskale oor n miljoen jaar gelede geleef het, lyk presies net soos di wat ons vandag ken: geen sprake van evolusie nie! Wetenskaplikes het al bakteri gekweek vanuit bye wat volgens hulle berekeninge 30 tot 40 miljoen jaar gelede in boomgom vasgevang is. Is dit denkbaar dat bakteri so lank kan oorleef? Waar kry hulle voedsel vandaan?

Maar nou het ek heeltemal afgedwaal: dit is nou tipies hoe n mens se gedagtes soms met jou weghardloop. Die menslike brein is uiteraard ver meer ingewikkeld as die van n by. Let gerus op hoedat n mens se gedagtes van onderwerp tot onderwerp spring. Jy moet later mooi dink waar alles begin het. Dit is wat die mens uniek maak: soos Ren Descartes ges het: Cogito ergo sum of Ek dink, daarom is ek. n Mens dink tienduisende gedagtes per dag en dit lei soms tot die mooiste posie, melodi, komedies en verhale. Kan enigeen die mens summier op dieselfde vlak as sjimpansees plaas in ag genome al die verstommende prestasies waartoe die menslike brein in staat is? Daar word beweer dat jong kinders op n sekere ouderdom tot tien nuwe woorde per dag aanleer. Daarteenoor het wetenskaplikes al daarin geslaag om gorillas en sjimpansees honderde simbole te leer, maar dit neem maande en jare om dit reg te kry en dan kan die betrokke dier steeds net die mees basiese sinstrukture vorm.

Nee wat, iemand wat op grond van die 2 tot 4 % verskil in die DNS van mense en sjimpansees wil beweer dat ons minimaal van hulle verskil moet maar weer gaan kyk. Hoewel baie mense hulle dalk soos ape kan gedra is daar met nadere ondersoek n onoorbrugbare kloof tussen ons en die intelligentste onder die diere. Die prestasies van primate is egter nie enig in die diereryk nie: In Europa is daar n hond wat oor die 900 voorwerpe kan uitken en in proewe is duiwe geleer om digby n duisend voorwerpe uit te ken. Hoewel primate bekend is vir hul gebruik van gereedskap is hul verseker nie die enigste diere wat daartoe in staat is nie. Sekere volsoorte maak ook gebruik van gereedskap: daar is byvoorbeeld vinksoorte wat miniatuur spiese van palmblare vorm waarmee ruspes uit bas gehaal word. So dink mens ook aan vink- en wewerspesies wat ingewikkelde neste van gras bou deur slegs van hul bekke gebruik te maak.

Die evolusionis se verklaring vir die ontstaan van die mens se groot brein het gewoonlik een van die volgende verklarings:

  1. Die voormense het uit die bome na die grasvelde begin beweeg en moes toe regop loop om oor die lang gras te kon sien. Dit het hul hande vrygelaat om gereedskap te begin gebruik en so het hulle by die beenmurg van dooie diere uitgekom en hierdie ryk voedsel het hul breine groter laat groei. (snaaks dat hinas agtergebly het!)
  2. n Mutasie het veroorsaak dat die groot spiergroepe op die skedel kleiner geraak het en dit het ruimte gelaat vir die brein om te groei.
  3. n Mutasie het die voormens se hare yler laat groei. Dit het hom in staatgestel om wildsbokke in te hardloop en gemaak dat hy meer proteenryke voedsel kon inneem wat weereens die brein groter laat groei het. ( Enigiemand wat dink ek maak n grap moet volgende keer mooi luister as die onderwerp op televisieprogramme bespreek word.)

Daar is al baie vordering gemaak met die verstaan van die werking van die brein. Met die sogenaamde PET (positron emission tomography) kan die funksie van die brein in werklike tyd bestudeer word. Daar is egter nog baie wat wetenskaplikes moet leer van die brein, veral wat die behandeling van siektes soos Parkinsons en Alzheimers betref. Een ding weet ek: om die ontwikkeling en funksie van die brein aan mutasies en natuurlike seleksie toe te skryf grens vir my aan n sprokie vir grootmense soos duidelik te sien in die drie verklarings hierbo genoem. In die volgende artikel kyk ons na die bou en funksie van die oog.