Evolusie: n Christengelowige se perspektief — Deel 9

Tot dusver het ons kennis gemaak met lewende selle, hul komplekse interne masjinerie asook die bindweefsel wat selle aanmekaar hou. In hierdie artikel beweeg ons n stappie verder en gaan kyk ons na een van die organe wat deur hierdie samespel van mikroskopiese deeltjies gevorm is.

Sekerlik die mees komplekse struktuur in die heelal is elke dag in elkeen van ons se midde. Hierdie struktuur het selfs help vorm aan die artikels tot nou toe. Ek verwys natuurlik na die menslike brein. Dit word bereken dat elke menslike brein sowat 100 miljard (1010) neurone bevat. As u terugdink is dit ook min of meer die aantal sterre in ons melkweg. Die neurone is baie gespesialiseerde selle wat bestaan uit n liggaam, n enkele akson of uitloper en verskeie dendriete. Die akson tree op as n geleier waardeur impulse na ander neurone, spierselle of kliere gelei word en kan by sommige neurone meer as n meter lank wees!

Elke neuron is in verbinding met tot 10 000 ander en dit het tot gevolg dat daar meer elektriese verbindings in een menslike brein is as wat daar in al die elektriese apparate op aarde is. Die brein is baie sensitief vir skade, dus word dit baie nou omsluit deur die kranium of breinkas soos in die magnetiese resonansbeeld hier onder gesien. Terloops: hierdie passing is so intiem dat die patroon van die brein, die voue en gleuwe, ook aan die binnekant van die skedel te sien is.


Magnetiese resonansbeeld (MRI) van die groot- en kleinbrein. Let op die nousluitende aard van die skedelbene.

Die rugmurg en twaalf pare kopsenuwees verlaat die brein deur gaatjies in die skedel wat ook baie nou om die senuwees pas. Dit is op sigself n wonderwerk, want tydens die groeiproses van fetus tot volwassene vergroot die brein en die kopsenuwees etlike kere en die openinge moet absoluut in pas daarmee vergroot. Indien dit nie gebeur nie soos wat met vit A tekort die geval is, word die senuwee eenvoudig vasgeknyp deur die stadigrekkende opening en is daardie senuwee se funksie sterk geknou of selfs tot niet.

Die opening aan die onderkant van die menslike skedel en aan die agterkant van dierskedels, die foramen magnum, laat die verlengde rugmurg deur na die rugstring of werwelkolom. Dit is absoluut verstommend dat so n sensitiewe struktuur soveel beweging toelaat. Dink net aan die akrobatiese toertjies wat moderne dansers uitvoer sonder dat die rugmurg enigsins beskadig word. Indien die eerste nekwerwel egter om een of ander rede bv. met n motorongeluk sou skuif, al is dit net n paar millimeter, kan dit noodlottig wees. Dieselfde geld natuurlik ook vir die hele werwelkolom. Beskerming van die rugmurg en die toelaat van soepel beweging word in werweldiere op n meesterlike wyse gebalanseer. Die toppunt van hierdie balanseertoertjie is sekerlik die jagluiperd se fenomenale beweging tydens n jaagtog waar die voor- en agterlyf met mening rondgeslinger word.


Die foramen magnum van n bobbejaanmannetjie.

Tydens die ontwikkeling van die menslike embrio ontstaan die sentrale senustelsel (die brein en rugmurg) deurdat n groef ontwikkel in dieselfde weefsel wat later die vel vorm. Hierdie groef word dieper en dieper, die selle aan die kant groei boontoe en na mekaar toe en uiteindelik word n buis gevorm wat losraak van die oorspronklike weefsel en wegsak daarvan. Van hierdie buis af groei die senuwees wat die spiere, vel en organe bedien. Eers later groei kraakbeen- en later beenweefsel om die senuwees om die breinkas en werwels te vorm. Enigeen wat al na die struktuur van n werwel of die skedel gekyk het sal besef dat dit uiters goeie organisasie verg om te verseker dat die rugmurg en senuwees nie vasgeknyp word nie.

Om alles te kroon is al hierdie inligting in die DNS binne die selkern vasgel. Dit terwyl slegs vier verskillende lettersgebruik word om die inligting vas te l en hierdie inligting miljarde kere gekopieer moet word. Daar word gereken dat die brein van n ongebore baba by tye 250 000 selle per minuut ryker word! Stel uself die volgende voor: enigeen word gevra om die ontwikkeling en bou van die menslike liggaam in die fynste detail te beskryf deur slegs van vier letters gebruik te maak. Jy mag tot 3000 miljoen karakters gebruik, maar uiteindelik moet al die inligting 295 miljoen keer op n kopspeld se kop kan inpas. Is dit moontlik? Evolusie leer dat dit moontlik is al was daar geen intelligensie betrokke nie, maar dit is vir my baie moeilik om te aanvaar gegewe al die feite. Volgende keer vergelyk ons die funksie van die brein met di van n rekenaar.