Evolusie: n Christengelowige se perspektief — Deel 8

Die vorige artikel het n kykie gebied na slegs twee van honderde molekulre masjiene in die sel. In die studieveld van die sel word letterlik daagliks nog honderde nuwe ontdekkings gemaak wat mens net meer en meer verstom laat oor die geweldige kompleksiteit van die sel, hoewel die grootste sel in die menslike liggaam, die ovum of eiersel, maar slegs 0,12 mm groot is. Word alles in ag geneem wat nodig is vir die bestaan van n enkele sel, is dit vir seker n groot wonderwerk dat die eerste lewende sel spontaan kon ontwikkel. (As iemand glo dat dit wel spontaan gebeur het!)

In die menslike liggaam is daar ongeveer 1014 selle. As al die selle in een persoon langs mekaar geplaas sou word, sal hulle n afstand van nagenoeg 20 miljoen km ver l, dus 500 maal om die aarde of 26 keer maan toe en terug! Baie van die selle word gereeld vervang; in een sekonde word n ongelooflike 1 700 000 rooibloedliggaampies in die beenmurg gevorm om uitgediendes te vervang. Meersellige organismes kan egter nie bestaan sonder bindweefsel nie: dit is die sement wat alle selle aanmekaar laat kleef en verseker dat daardie astronomiese aantal selle n eenheid kan vorm.

Die verwantskap tussen epiteelselle en bindweefsel kan duidelik in die onderstaande foto van n deel van die lugpyp gesien word. Aan die bokant l die lagie epiteelselle wat in gelid langs mekaar gerangskik is. Hierdie enkele lagie selle word soos ons later sal sien deur verskeie molekules geanker in wat as die basaalmembraan bekend staan. Laasgenoemde is weer op sy beurt aan die bindweefsel vas wat weer aan die kraakbeenringe van die trachea gekoppel is. Al die bindweefselmolekules word deur gespesialiseerde selle, genaamd fibroblaste, neergel waar dit ook al nodig is.


n Mikroskoopbeeld van die menslike trachea, hier ongeveer 2 500 keer vergroot en met n spesiale kleurstof gekleur om al die dele sigbaar te maak. Bron: www.cytochemistry.net

Sonder bindweefsel sal die bestaan van meersellige liggame absoluut onmoontlik wees, aangesien die struktuur en funksie van al die organe in die liggaam grootliks daarvan afhang. In die trachea hier bo, word die enkele lagie epiteelselle tot n ronde buis gevorm binne die kraakbeenringe om sodoende n kanaal te vorm vir die vervoer van lug na en van die longe. Hierdie epiteelselle is toegerus met n magdom trilhaartjies wat tesame met duisende bekerselle wat slym vervaardig, verantwoordelik is vir die uitwerp van stofdeeltjies uit die boonste lugwe. Sonder die stewige ankerfunksie van die basaalmembraan, sou die epiteelselle eenvoudige heen-en-weer in die lugweg gevee word deur die in- en uitbeweeg van lug. Met elke hoesbui sou die meeste van hulle in die keel beland het en afgesluk word.

Die skematiese skets hier onder dui daarop hoe epiteelselle deur bindweefselelemente soos kollageen en laminien geanker word. Al die elemente genoem moet teenwoordig wees en boonop optimaal funksioneer, anders is n siektetoestand die gevolg. Ehlers-Danlossindroom en Epidermolise bullosa is maar twee van vele siektetoestande wat die gevolg is van defektiewe bindweefsel.


Bron: Nageteken van oorspronklike skets uit OULU University Library.

Sommige strukture in die liggaam bestaan grootliks uit bindweefsel. Hier dink ons veral aan ligamente, senings en been. Hierdie weefsels word aan geweldige kragte blootgestel in ons daaglikse handel en wandel. Geen beweging sou moontlik wees as dit nie vir hierdie gespesialiseerde weefsels was nie. Been verskaf n stewige raamwerk waarteen die spiere en senings kragte kan uitoefen om beweging te bewerkstellig. Waar twee bene by n gewrig saamkom, is die gewrigskraakbeen en -kapsel ook baie goeie voorbeelde van die noodsaaklikheid van effektiewe bindweefselstrukture.

Die selle wat grootliks verantwoordelik is vir vorming van bindweefsel, die fibroblaste, speel ook n baie belangrike rol by die genesing van beserings. Hulle is die selle wat met n velwond of beenbreuk die eerste oor die letsel groei en met hul neerlegging van stowwe soos kollageen en laminien die grondslag l vir herstel. Waar hierdie selle vandaankom uit n gemeenskap van eensellige organismes en hoe hulle ontwikkel het om sulke buitengewone molekules te vorm met die uitsluitlike doel om as hegstof vir ander selle te dien en dit nogal heeltemal toevallig, moet vir die evolusionis n tergende raaisel wees. Vervolgens gaan ons n bietjie na sommige van die organe in die liggaam kyk: lees verder.