Evolusie: n Christengelowige se perspektief — Deel 7

Die binnewerke van die sel was in Darwin se tyd n geslote boek. Met die ligmikroskoop kon bitter min van die fynere detail van die organelle in die sel blootgel word. Met die koms van die elektronmikroskoop het dinge egter verander. Nuwer tegnologie wat die struktuur van molekules beter kon uitbeeld soos X-straal kristallografie het die onderlinge verwantskappe tussen individuele atome duideliker gemaak.

Vandag weet ons dat baie van die reaksies in die sel deur sogenaamde molekulre masjiene bewerk word en dat reaksies dikwels afhang van baie klein verskille tussen verskillende vorms van dieselfde molekuul. Ek wil vandag twee van hierdie masjiene in kort bespreek sodat ons n idee kan vorm van die kompleksiteit waarvan Darwin nie eers gedroom het nie. Ek wonder of hy self steeds aan sy teorie sou vashou as hy dit wel geweet het

Die eerste masjien word miosien genoem. Die naam beteken spierproteen. Daar is n hele aantal verskillende miosiensoorte wat almal betrokke is by beweging. Sommige vervoer ander stowwe in die sel, terwyl ander soorte n baie groot rol in spiersametrekking speel. Die basiese aksie van enige miosienmolekule is om n las aan die een kant te laat bind, terwyl die teenoorgestelde kant aan mikrobuisies in die sel bind. Laasgenoemde deeltjies beweeg dan met die mikrobuisie af en bewerk s beweging of vervoer van stowwe.


n Voorstelling van vervoer van stowwe in die sel deur n Miosien tipe V-molekule. Vir n interessante animasie oor gebeure in die sel, besoek die bron van hierdie skets: http://multimedia.mcb.harvard.edu/anim_innerlife_hi.html

Ongeveer 300 van die miosienmolekules word stert aan stert in die spiersel gekoppel om n funksionele eenheid naamlik die sarkomeer te vorm. n Groot spier soos die menslike dyspier mag 60 miljard van hierdie molekules bevat wat almal as n eenheid saamwerk om die spier te laat saamtrek. Die meeste mense dink glad nie aan al hierdie komplekse masjientjies terwyl hulle hul daaglikse take verrig nie, maar slegs geringe probleme met die masjientjies soos met spierdistrofie gesien, laat n mens besef hoe doeltreffend ons liggame aanmekaargesit is. Vir diegene wat aan lukrake doellose evolusie glo raak die verduideliking moeilik, want die vroegste organismes moes van meet af aan doeltreffend kon beweeg.

Die ander masjientjie waarna ek verwys, is F0-F1 ATPase. Alhoewel dit na een of ander renmotor klink, is hierdie ongelooflike masjientjie baie meer doeltreffend as enige mensgemaakte masjien. Duisende van hulle kom in die mitochondria van die sel voor en hulle is verantwoordelik vir die opwekking van energie in die sel. Hulle is absoluut afhanklik van suurstof en glukose en dit is hulle onvermo om te funksioneer wat tot enige lewende sel of organisme se afsterwe lei.

Alle aksies in die sel is van energie afhanklik. Energie word in die sel as n molekuul genaamd ATP gestoor. Die afkorting staan vir Adenosientrifosfaat. Dit is dieselfde molekuul wat ons in DNS leer ken het nl. Adenien met n suikermolekuul en drie fosfaatmolekules daaraan gebind. Al die aksies soos die beweging van die Miosienmolekuul soos hierbo beskryf, verbruik ATP. Een van die fosfaatmolekules word verwyder om ADP (Adenosiendifosfaat) te vorm en in die proses stel dit die nodige energie vry vir beweging van die voetjies van die Miosienmolekuul. F0-F1 ATPase heg nou weer n fosfaat aan ADP om ATP te vorm.


n Voorstelling van die F0-F1 ATPase masjien. Vir n animasie van die werking daarvan, besoek een van die volgende twee webruimtes:    1) Vyf video's van F1-F0 ATPase      2) Nog 'n video van F0-F1 ATPase

Suurstof word in die mitochondrion deur verskillende molekules genaamd sitochroomoksidases na mekaar aangestuur en dit lei eindelik tot n verskil in konsentrasie van protone oor die binneste membraan van die mitochondrion. Hierdie verskil in konsentrasie dryf die F0-F1 ATPase masjien aan en tydens die draai daarvan word fosfaat aan ADP gevoeg op n spesifieke plek in die masjien. ATP bestaan uit 42 atome en hulle beweeg na die regte plek in die masjien wat bestaan uit 40 000 atome!! Elke ATPase vorm ongeveer 100 ATP-molekules per sekond, maar dit is maar min as in ag geneem word dat elke knip van n oog sowat 10 000 ATP-molekules verbruik!

Enige persoon wat met n oop gemoed na al die wonders van die menslike liggaam kyk behoort skepties te staan teenoor n teorie wat beweer dat alles om ons deur doellose, lukrake toeval geskied het. Lees verder...