Evolusie: ‘n Christengelowige se perspektief — Deel 6

Die selle van meersellige organismes is nog meer ingewikkeld as dié van bakterieë. Die kern van elke sel, behalwe rooibloedliggaampies in soogdiere, bevat al die genetiese materiaal wat die spesifieke organisme beskryf. Die molekule waarin die genetiese materiaal opgesluit is word DNS genoem. Dit is die afkorting vir deoksiribonukleďensuur of deoxyribonucleic acid (DNA) in Engels. Die DNS van alle lewende wesens op aarde bestaan uit slegs vier verskillende boustene: adenien, guanien, sitosien en tirosien, wat onderskeidelik afgekort word as A, G, C en T. Hierdie basisse bind elkeen aan ‘n fosfaatmolekuul en ‘n suiker, deoksiribose, en vorm dan lang kettings waarvandaan die inligting vir die vorming van proteďene gelees word.

Die evolusieleer staan hier voor ‘n beduidende probleem: nie net is DNS ‘n baie ingewikkelde struktuur nie, maar al die ensieme wat verantwoordelik is vir die instandhouding daarvan en die lees van die kode daarop, word vervaardig na aanleiding van die kode in die DNS vervat. DNS kan nie bestaan buite die beskermende omgewing van die sel nie en verder is die vorming van proteďene ook afhanklik van ander strukture in die sel soos die ribosome, die endoplasmiese retikulum en Golgi apparaat. Die eerste sel moes in sy totaliteit gevorm wees van die begin af, anders sou dit ‘n sekere mislukking gewees het.

Die DNS in een sel in die menslike liggaam is ‘n verstommende 1,7 m lank as dit volledig afgerol sou word. Die inligting daarin vervat sal 4000 gemiddelde grootte boeke beslaan as slegs die volgorde van die basisse (A, G, C en T) daarin neergeskryf moet word, tog is dit in so ‘n klein area ingedruk dat die kop van ‘n speld 295 000 000 selle se DNS kan bevat! Dit is die ekwivalent van ‘n hoop boeke 925 X 925 X 925 m saamgevat in ‘n area kleiner as ‘n kubieke millimeter. Dit raak moeilik om te glo dat dit alles deur lukrake toeval bewerkstellig was!

Alhoewel die evolusionis voor hierdie onoorbrugbare probleem van kompleksiteit staan, hoop hy/sy dat daar eendag ‘n oplossing daarvoor gevind sal word. Tewens hierdie gemeenskaplike genetiese bou van alle lewende selle van virusse tot walvisse is vir menige wetenskaplike net nog ‘n sekere bewys van gemeenskaplike oorsprong. Die moontlikheid dat daar ‘n gemeenskaplike Ontwerper kan wees wat alles so beplan het word summier verwerp. Richard Lewontin het dit so gestel:

We take the side of science in spite of the patent absurdity of some of its constructs, in spite of its failure to fulfil many of its extravagant promises of health and life, in spite of the tolerance of the scientific community of unsubstantiated just-so-stories, because we have a prior commitment, a commitment to materialism. It is not that the methods and institutions of science somehow compel us to accept a material explanation for the phenomenal world, but, on the contrary, that we are forced by our a priori adherence to material causes to create an apparatus of investigation and a set of concepts that produce material explanations, no matter how counter-intuitive, or mystifying to the uninitiated. More-over that materialism is an absolute, for we cannot allow a Divine Foot in the door…’

Bogenoemde stelling som die meeste evolusionistiese wetenskaplikes se posisie baie raak op: Dit maak nie saak watter getuienis ter tafel gelę word nie, uit beginsel aanvaar hulle geen bonatuurlike verklaring nie. Selfs bewegings soos Intelligent Design wat al hoe meer getuienis bied vir die ontsaglike kompleksiteit van die komponente van die sel word bloot afgemaak as godsdiens wat onder die dekmantel van ‘n pseudowetenskap verskuil is.

Vir ‘n voorsmakie van die prosesse wat vir proteďensintese verantwoordelik is, kan u gerus na hierdie video op die web gaan kyk: Daarop word ‘n animasie vertoon wat die belangrikste stappe in die vorming van proteďene uitbeeld. Ek gaan die stappe in kort hier opsom:


‘n Voorstelling van proteďensintese in die sel. Bron: Video: "Inner life" deur Robert Lue en Alan Viel van Harvard University.

Die proses hierbo genoem vind miljarde kere per dag in elke sel in die liggaam plaas. Nuwe selle word deurentyd gevorm om die ou, afgeslete selle te vervang. Die binnelaag van die derm, die dermmukosa, word byvoorbeeld elke drie dae vervang. Hoe hierdie selle aanmekaar geweef is, is net so fantasties, maar dit moet wag tot ‘n volgende keer. Lees verder...