Evolusie: n Christengelowige se perspektief — Deel 4

Asof die groottes en afstande van sterre nie asemrowend genoeg is nie, word die wetenskaplike wat na die struktuur van die atoom kyk, net so verbyster. Hierdie mikro-wreld het ook eers die afgelope 50 jaar vir ons oopgegaan en daar is nog baie wat ons daaroor moet leer. Soos ons in die vorige artikel gesien het, is daar 60 keer meer molekules in 10 ml water as wat daar sterre in die heelal is. Sou ons dieselfde aantal ryskorrels uittel as daardie aantal molekules kan ons die Grand Canyon 2 190 keer vul! (Die Grand Canyon is ongeveer 443 km lank, op plekke 29 km wyd en meer as 1,6 km diep)

Atome bestaan net soos sterrestelsels hoofsaaklik uit le ruimte. Dit is baie moeilik om te glo, veral as n stukkie lood op n onbeskermde toon sou val! Wetenskaplikes weet nou dat die protone en neutrone wat atoomkerne vorm weer uit kleiner deeltjies bestaan wat kwarke genoem word. Daar is huidiglik ses bekende soorte kwarke waarvan die algemeenste op en af kwarke genoem word. Twee op- en een af kwark vorm een proton terwyl twee af- en een op kwark n neutron vorm. Hierdie deeltjies is baie klein in verhouding tot die atoom: as die kwarke 0,1 mm groot was, sou die protone en neutrone elk 10 cm groot wees en die hele atoom n verstommende 10 km! (Hou nou net in gedagte hoeveel atome daar in 10 ml water is)

Verder is daar deeltjies soos gluone wat die kwarke bymekaarhou, fotone wat energie oordra en ongeveer 200 ander deeltjies wat baie minder algemeen voorkom en waarvan sommige slegs vir breukdele van sekondes bestaan. Daar is ook anti-materie deeltjies wat hulle materie-ekwivalente in n oogwink uitwis as hulle daarteen sou bots. Die Oerknalteorie (Big Bang) moes aan die begin net soveel van elk geproduseer het, maar om een of ander rede het die meeste anti-materie deeltjies in die slag gebly. (ook maar goed so!)


n Voorstelling van die bou van n Heliumatoom. Let op die geweldige verskil in grootte tussen die onderdele. (nie volgens skaal geteken) As die heliumatoom tien km in deursnit was, sou die veertien elementre deeltjies waaruit dit bestaan baie maklik op die kop van n speld pas!

Huidiglik is wetenskaplikes naarstiglik op soek na n teoretiese deeltjie wat die Higgs-boson genoem word en talle tergende vrae sal verklaar. Dit is een van die groot redes waarom die LHC deeltjieversneller in Switserland deesdae soveel aandag trek. (LHC = Large Hadron Collider) Dit is n 27 km lange tonnel waarin wetenskaplikes atomiese deeltjies teen geweldige snelhede (digby die snelheid van lig) teen mekaar laat bots en dan ondersoek instel na die resulterende deeltjies. Wanneer hierdie deeltjies bots teen ho energievlakke, breek hulle dikwels op in die heel basiese bestanddele.

Die reaksies wat in sterre plaasvind, skakel waterstofkerne om in Helium. Met opeenvolgende reaksies kan selfs atome soos suurstof, stikstof en koolstof gevorm word. Dit is ook bekend dat atome so swaar soos yster kan ontstaan binne sterre, maar enige element swaarder as yster het geweldig baie energie nodig om te vorm. Een van die moontlike bronne van soveel energie is die vorming van supernovas, wanneer groot sterre aan die einde van hul lewe kom en swaartekrag die ster laat ineenstort.

Volgens die Oerknalteorie het daar ongeveer 13 miljard jaar gelede n baie klein, ontsettend digte en warm punt spontaan ontplof. Waar die punt vandaan kom of wat die energie verskaf het, kan wetenskaplikes net oor gis. Die gaswolk wat so ontstaan het het slegs uit energie bestaan wat dan omgeskakel is in die boustene van atome (kwarke). Binne n geweldige kort tyd het hierdie gaswolk spontaan uitgebrei om meer as die helfte van die bestaande heelal te vul en intussen het die kwarke vanself begin spin en aan mekaar vaskleef om sodoende protone en neutrone te vorm. Aanvanklik was daar slegs waterstof en klein hoeveelhede Helium teenwoordig, maar na miljarde jare het die waterstofwolke spontaan begin draai en is hulle saamgepers om met die proses van kernfusie te begin.

Daar is n hele paar probleme met bogenoemde proses. Indien die deeltjies aanvanklik vanaf een punt uitmekaargeskiet het, wat het veroorsaak dat hulle begin draai het? As die uitsetting so drasties was aan die begin, hoe het die deeltjies bymekaargekom om protone en neutrone te vorm? Hoekom is die sigbare materiaal in die heelal so klonterig? Mens kry groepe van sterrestelsels wat weer groter en ng groter groepe (Engels: clusters en superclusters) vorm met ongelooflike le tussenruimtes. Vir elemente swaarder as yster moes tientalle supernovas naby mekaar ontplof het om een planeet met sulke elemente te vorm. As twintig of meer sterre nodig is vir die vorming van een planeet sou daar baie minder sterre wees as wat vandag sigbaar is. Daarbenewens sien ons reeds goed gevormde spiraal sterrestelsels hoe ver ons ook al in die ruimte tuur, wat nie strook met die Oerknalteorie nie. Sterrestelsels so ver as 13 miljard ligjaar behoort immers nog baie jonk te lyk.

n Ander belangrike probleem is dat gaswolke saampersing met mening teenstaan . (Dink maar wat gebeur as mens n fietspomp indruk met die gaatjie toegedruk). Boyle se gaswet s dat die druk van n gas by n konstante temperatuur omgekeerd eweredig is aan die volume. Hoe nader die gasdeeltjies dus aan mekaar gebring word, hoe hor sal die druk wees n gaswolk kan dus nie onder normale toestande self die geweldige ho druk bereik wat nodig is vir kernfusie om te begin nie.

Ten spyte van hierdie en talle ander probleme wat die Oerknalteorie in die gesig staar, bly die meeste evolusioniste hoopvol dat oplossings wel gevind sal word. Die grootste hindernis vir hulle is egter die ontstaan van lewe: daarna kyk ons volgende keer. Lees verder...