Evolusie: n Christengelowige se perspektief — Deel 3

In die vorige artikel het ek verwys na die stryd tussen suiwer evolusie en dit wat in die Bybel geskryf staan. Oor die afgelope 150 jaar is derduisende debatte en skrywes gevoer oor hierdie onderwerp en dit het gelei tot die ontstaan van drie groepe mense:

Eerstens diegene wat o.g.v. die wetenskaplike getuienis aangebied hul vertroue in die Bybel geheel en al verloor het en nou f atesme f agnostisisme aanhang. Tweedens is daar n groot groep wat allerlei verklarings probeer aanbied oor die nie-letterlike vertolking van Genesis 1 tot 11 om sodoende die evolusieleer met die Bybel te versoen. Derdens is daar di groep wat steeds n letterlike vertolking van Genesis voorstaan en die grootste deel van die evolusieleer verwerp behalwe vir minimale veranderinge binne diersoorte. In wetenskaplike kringe word laasgenoemde groep dikwels afgemaak as mense wat sprokies aanhang soos blyk uit die aanhaling van Richard Dawkins in die eerste artikel van di reeks en skrywes soos Geloof, bygeloof en ander wensdenkery deur George Claassen, wetenskapsredakteur van Die Burger.

Kom ons kyk bietjie na n klomp van die feite tot ons beskikking, dan kan u self n oordeel vel. Enigiemand wat al om hom waargeneem het sal saamstem dat die natuur om ons n mens se mond laat oophang. Van die ontsagwekkende afstande tussen die reuse sterre tot die bou van n atoom is genoeg om enige student daarvan boekdele te wil laat skryf. Kom ons kyk eers na die getalle en groottes van sterre.


'n Ongelooflike kleurryke sterretros. Bron: NASA Webtuiste

In ons eie sterrestelsel, die Melkweg, word beraam dat daar tussen 100 en 200 miljard sterre moet wees. (Onthou n miljard = 1 000 000 000 of in Engels billion). Astronome raam dat daar ongeveer 100 miljard van hierdie sterrestelsels in die heelal is. Ons kan maar net probeer om hierdie groot getalle te begryp. n Miljard is die aantal sekondes in 31 jaar en 250 dae, of die aantal millimeter in n 1000 kilometer. Om die totale aantal sterre in die heelal voor te stel kan ons die volgende syfers gebruik : 1022 of 10 000 000 000 000 000 000 000. n Makliker verstaanbare begrip sou egter wees om die aantal sterre as aantal ryskorrels te probeer insien: hierdie aantal ryskorrels (ongekook) sal n kubus met sye van amper 55 km beslaan. Soveel ryskorrels sal die Grand Canyon amper 37 keer volmaak! Die aantal molekules in 10 ml water is egter 60 keer soveel!

Die groottes van sterre is ook moeilik om te begryp. Hier moet ons ook maar die verbeelding inspan. As die aarde so groot soos n gholfbal was, dan sou die son ongeveer 5 m in deursnee wees. Die grootste ster wat tot nog toe gemeet is, is VY Canis majoris, wat in die omgewing van die helderste ster, Sirius, gele is. Hierdie ster sou op die skaal van een aarde = een gholfbal n deursnit van agt km h! In rele terme beteken dit dat die ster feitlik so groot soos ons sonnestelsel is. Aangesien sterre op sulke groot afstande baie moeilik is om te meet, mag daar ng groter sterre wees.

Die afstande tussen sterre is net so verstommend en word nie eers in kilometer gemeet nie, maar in ligjaar. Een ligjaar is die afstand wat lig in n jaar afl teen 299 792,5 km per sekonde. Teen hierdie snelheid trek lig 7 keer per sekonde om die aarde. Lig neem ongeveer 8 minute om ons van die son af te bereik en 4,3 jaar om vanaf die naaste ster Proxima Centauri by ons uit te kom. Ons sterrestelsel is ongeveer 100 000 ligjaar in deursnit en die volgende sterrestelsel naaste aan ons ongeveer 2 miljoen ligjaar ver. Dit beteken dat n ruimteskip teen n koel 30 000 km/h sowat 70,5 miljard jaar sou neem om daar te kom.

Hierdie geweldige afstande skep natuurlik n probleem vir diegene wat aan n letterlike vertolking van Genesis vashou en skep skietgoed vir di wat hulle sienswyse wil afmaak as bog. Daar is egter verskeie verwysings in die Bybel daarna dat God die heelal uitgesprei het (vgl. Jes 40:22, Jes 44:20 en Sag 12:1) en verskeie kosmolo soos Dr Russel Humphreys en John Hartnett werk aan hipoteses om di verskynsel aan die hand van n jong aarde te verduidelik. Die groot afstande is egter ook vir aanhangers van die Oerknal n groot probleem. As alles uit n enkele punt ontstaan het en vandaar eenvormig in alle rigtings uitgesprei het, hoekom is daar sulke geweldige groot le ruimtes? Die struktuur van die heelal pas nie in met die huidige model nie en daarom is daar talle kosmolo wat na ander werkbare oplossings soek. In September van 2008 het ongeveer 50 van hierdie wetenskaplikes juis in die dorpie Port Angeles in Washington, VSA byeengekom om alternatiewe te bespreek.

In die volgende artikel kyk ons na ingewikkeldheid op atomiese vlak en daarna na die boustene van lewe. Lees verder...