Evolusie: ‘n Christengelowige se perspektief — Deel 17

Van die derduisende fossiele wat oor die afgelope 150 jaar ontdek is, maak geeneen soveel opspraak soos die hominiene of sogenaamde aapmense nie. Vandag kyk ons kortliks na hierdie dikwels kontroversiële deel van die evolusieleer.

Sedert die publikasie van Darwin se boek “Origin of species” was die ooglopende vraag op almal se lippe: “Indien die evolusieleer waar was, is die mens ook deel daarvan, en is die logiese uitvloeisel dan nie dat die mens van aapagtiges afstam nie?” Die Christengelowiges van Darwin se tyd het dan ook heftig kapsie gemaak teen so ‘n aanspraak: die Bybel sę immers dat die mens na God se beeld geskape is. Die evolusieleer is egter baie duidelik ten opsigte van hierdie vraagstuk: indien alles wat ons sien uit niks ontstaan het en daar geen doelmatigheid of beplanning agter die proses sit nie, dan volg dit dus vanselfsprekend dat ons, Homo sapiens, geen uitsondering kan wees nie.

Wetenskaplikes van die negentiende eeu het geglo dat die volkere van die węreld op verskillende vlakke van evolusionęre ontwikkeling was en dat die sterkste volkere uiteindelik die minder ontwikkeldes sou uitroei. Hierdie siening het tot geweldige dade van rassisme en volksmoord gelei. So is daar byvoorbeeld op die inboorlinge van Australasië jag gemaak en hulle beendere in Europa uitgestal, slawerny het hoogty gevier en selfs van die inheemse mense van Afrika soos Saartjie Baartman is op die verhoë van Europa geparadeer as fratse. Selfs vandag vind geweldsmisdade soos die Columbine moorde in ‘n Amerikaanse hoërskool plaas met oorlewing van die sterkste as tema: een van die seuns het ‘n T-hemp met ‘n evolusionistiese strekking gedra en aan een van die slagoffers is gesę dat hy geskiet word bloot omdat hy ‘n spesifieke velkleur gehad het.

Van meet af aan was paleo-antropoloë vuur en vlam om verlore skakels tussen die mens en sy naaste buurman, die sjimpansee te vind. Dit het gelei tot twee van die grootste flaters wat ooit in die naam van die evolusieleer begaan is, naamlik die ‘Nebraska’-man en ‘Piltdown’-man. In die geval van eersgenoemde is ‘n gefossiliseerde tand gevind wat byna soos dié van ‘n mens gelyk het. Ywerige wetenskaplikes het dadelik aan die werk gespring en kunstenaars benoem om hierdie voorsaat van die mens te teken en ‘n indrukwekkende skets wat die grotbewonder, sy vrou en nogal eietydse wilde diere uitbeeld, is wyd gepubliseer.


‘n Kunstenaarsvoorstelling gebaseer op ‘n enkele tand wat later geblyk het dié van ‘n varksoort te wees. Bron: Wikipedia.

Die sogenaamde ‘Piltdown’-man is in die vroeë twintigste eeu naby die dorpie Piltdown ontdek. Dit het die skedel van ‘n moderne mens gehad, maar die onderkaak was beslis nader aan dié van ‘n aapsoort. Vir veertig jaar is die fossiel gereken as die grootste vonds ooit op die gebied van paleo-antropologie, totdat dit in 1953 as ‘n volslae klug ontbloot is. Dit wys net wat alles in die naam van wetenskap gedoen kan word as roem, befondsing en ‘n węreldbeskouing op die spel is.

Alhoewel ons moet toegee dat daar mense is wat hulle soos ape gedra en daar ape is wat verstommende toertjies kan doen, met eenvoudige gereedskap kan werk en selfs na jare se toewyding eenvoudige taalstrukture kan vorm, is daar huidiglik geen komponiste, skrywers, denkers en meesterstudente onder enige van die aapsoorte te bespeur nie. Die kloof tussen die mens en sy naaste mededinger, die sjimpansee is na my mening onoorbrugbaar, selfs al beweer wetenskaplikes dat ons genetiese materiaal slegs met sowat twee persent verskil. Prof J. B. S. Haldane het terloops al in die sestigerjare daarop gewys dat met baie gunstige mutasietempo’s dit ten minste 60 miljard jaar sou neem vir die vordering van sjimpansee tot by die mens en dit terwyl ons volgens die evolusieleer slegs minder as twintig miljard jaar tyd het vir die volledige evolusie van die heelal!

Iets wat ons as vanselfspekend beskou soos taalgebruik is eintlik ‘n baie ingewikkelde proses. Die bou van die keel met ‘n larinks wat laag in die nek sit, ‘n baie beweeglike tong, sagte verhemelte en lippe, asook die regte bedrading in die brein om al die delikate gekoördineerde spiersametrekkings tussen asemhalingspiere, keel-, tong- en lipspiere te beheer kon nie deur miljoene lukraak, doellose prosesse ontwikkel het nie. Geen aapsoort is enigsins in staat om spraak na te boots nie en dit terwyl klein kindertjies tot tien woorde per dag byleer sonder dat hulle enigsins aangepor moet word. Geen aap selfs by sy volle positiewe kan die sin: “Ons almal weet dat hy nie weet waar die piesang weggesteek is nie.” begryp nie, tog is dit tweede natuur vir die meeste mense.

Bespiegelinge oor wat die motivering was vir ons voorouers om regop te loop en groot breine te ontwikkel laat ‘n mens onwillekeurig terugdink aan die Broers Grimm. Ek het al na van die teorieë verwys, maar dit wissel van die behoefte om bo-oor die lang gras te kon sien, tot ‘n mutasie wat veroorsaak het dat die kouspiere gekrimp het en meer ruimte vir breinontwikkeling gelaat het, tot die belaglike idee dat die oermens se relatiewe haarloosheid hom in staat gestel het om wildsbokke in te hardloop en hy so toegang gekry het tot die voedsame beenmurg wat sy brein laat groei het. Die teorieë raak baie interessant as in ag geneem word dat ‘n groot brein en ‘n regop pelvis ‘n baie nou passing tydens geboorte veroorsaak het en dus die geboorte van mensebabas aansienlik bemoeilik het. Voor die koms van keisersnitte was daar net één kans om die proses reg te doen: indien dit misluk het was beide die moeder en die baba geskiedenis, dus moes groot breine en regop pelvisse van meet af aan net reg gewerk het.

In die volgende artikel kyk ons na nog feite oor ons sogenaamde voorouers. Lees verder...