Evolusie: n Christengelowige se perspektief — Deel 15

Die voorstaanders van die evolusieleer beweer dat Christengelowiges te veel op wonderwerke steun, maar ons het vlugtig in die vorige twee aflewerings na wonderwerke gekyk wat noodsaaklik is vir die bestaan van die heelal, sou evolusie in totaliteit waar wees. In hierdie artikel val die soeklig op nog n paar wat onontbeerlik is vir evolusie om geldig te wees.

Noudat die grootste wonder van almal plaasgevind het, naamlik die ontstaan van die eerste sel en di begin verdeel het, was die volgende grootse deurbraak dat selle aanmekaar begin kleef het om meersellige strukture te vorm. Ten einde hierdie prestasie te verwesenlik, moes die selle heeltemal toevallig nuwe molekules vorm wat sou dien as sement om die onderlinge dele aanmekaar te weef. Wat hierdie wonder verder laat verdiep is die feit dat baie van hierdie organismes f radiale f bilaterale simmetrie toon. Eersgenoemde beteken dat die organisme met n mes in verskeie gelyke helftes gesny kan word terwyl dit by laasgenoemde net een keer gedoen kan word, soos ook by werweldiere en die mens gesien. Hoe het dit gebeur dat doellose toeval tot gevolg gehad het dat honderde of duisende enkel selle tot sulke patrone omvorm kon word?


Volvox sp. n organisme wat bestaan uit oor die 500 individuele algselle. Bron: Wikipedia.

Die volgende logiese wonderwerk is dat verskillende organe gevorm het wat deel uitmaak van meer gevorderde organismes. Enigeen wat onderl is in fisiologie en anatomie weet dat dit geen geringe stap was nie, veral as daar gekyk word na die gentegreerde wyse waarop dierliggame funksioneer. Die verskillende organe is tot n groot mate van mekaar afhanklik soos ons in die artikel oor die hart en niere gesien het. Blaai mens deur n patologiehandboek en sien hoeveel kan foutgaan in die liggaam is dit baie moeilik om te verstaan hoe intelligente wetenskaplikes kan glo dat enige gevorderde liggaam deur doellose toeval ontstaan het, al beweer hulle dat dit miljarde jare geneem het.

Elke keer wat ek n pasgebore diertjie of mensebaba sien verwonder ek my oor wat tot daardie kleintjie aanleiding gegee het. Die versmelting van twee mikroskopiese selle met uiteenlopende genetiese materiaal het n proses aan die gang gesit wat verstom. Hierdie sel verdeel etlike kere om n klein balletjie selle te vorm. Aan die een kant verskyn n klein skyfie selle wat steeds teen n snelle tempo verdeel. Na n tyd is drie lae selle te onderskei: die buitenste lagie vorm die vel en senustelsel, die middelste lagie die spiere en bindweefsel en die binneste lagie die dermkanaal en inwendige organe. Met verloop van tyd begin die kante ombuig en die vrugvliese groei weer in die teenoorgestelde rigting sodat n buisvormige liggaam en omringende vrugvliese uiteindelik ontstaan. Nog n wonderwerk is dat die hart aanvanklik voor die kop ontstaan en eers na ombuiging van die voorste deel van die embrio op sy volwaardige plek te ruste kom.

Aan die begin van die embrio se ontwikkeling het al die selle dieselfde basiese funksie en bou. Hierdie stamselle het die vermo om in enige weefsel te ontwikkel, vandaar die belangstelling van die moderne wetenskap in stamselnavorsing. Na n aantal verdelings word die kernmateriaal van verskillende selle egter geprogrammeer sodat sekere selle spesiale rolle begin vervul. Nadat hierdie spesialisasie plaasgevind het, sal daardie selle, bv. breinselle of hartspierselle, vir die res van hul bestaan di spesifieke rol vervul. Hoe kan so iets verklaar word deur lukrake, doellose prosesse? Die selle moet op die regte tydstip en op die regte plek verander word, anders het die proses geen sin nie. Bloedvate moet byvoorbeeld regdeur die organisme gevorm word sodat suurstof by al die dele kan uitkom, anders vind daar afsterwing van daardie organe plaas.

Aangesien evolusie geen doel voor o gehad het nie en baie van die stappe n baie klein kans tot sukses gegun word indien dit wiskundig bereken word, is dit n wonderwerk dat dieselfde komplekse strukture so dikwels in totaal verskillende areas ontwikkel het. Ons het in die artikel oor die oog reeds melding gemaak dat die oog op ongeveer veertig verskillende tye en omstandighede moes ontwikkel. Net so het vlug in vier totaal onafhanklike diersoorte ontstaan: die pterodaktiele, vlermuise, vols en insekte. Die evolusieleer sal egter geensins erken dat dit spreek van n gemeenskaplike Ontwerper nie, maar eerder die voor-die-handliggende verklaring probeer omseil deur dit onder die dekmantel van Konvergerende evolusie weg te steek. Laasgenoemde area van die evolusieleer beweer dat dieselfde strukture per ongeluk op die regte tyd in heeltemal uiteenlopende organismes ontstaan het.

Die aantal wonderwerke in soogdierliggame is legio: hoe die uiters sensitiewe gehoor- en balanseerapparaat in digte been tussen die buite-oor en die brein te lande gekom het en hoe die halfsirkelvormige kanale wat balans van die kop beheer toevallig presies in die horisontale, vertikale en sagittale vlakke l, hoe ingeasemde lug toevallig verhit en bevogtig word deur die neusslymvlies, terwyl onsuiwerhede daaruit verwyder word, hoe die trilhaartjies en slymbekertjies in die trachea in hul biljoene ritmies saamwerk om stofdeeltjies uit die longe te hou, hoe doeltreffend bloeddruk beheer word met behulp van druksensors in die slagare, suurstofsensors in die niere, n beheersentrum in die brein en produksie van adrenalien deur die byniere, hoe tientalle melktande in die jong dier op die regte tyd in die ontwikkeling deur die permanente tande uitgedruk word en perfek by die tande van die teenoorstaande kaak pas, hoe verskillende soorte tande vir verskillende dite ontwerp is

Die wonderwerke gaan net aan en aan. Vra maar vir enige student in die mediese of veeartsenykundige velde en hulle sal dit kan beaam: die anatomie en fisiologie, embriologie en histologie van die mens en diere is baie uitgebreide en moeilike velde en die wetenskap voeg daagliks nog derduisende brokkies inligting by. Ek gaan hier volstaan met voorbeelde, maar hierdie is geensins n volledige lys van dinge wat die evolusieleer volgens my moeilik vind om te verklaar nie. Dit bring my egter weer terug na n aanhaling van Richard Lewontin wat ek reeds in n vorige artikel gemeld het: We take the side of science in spite of the patent absurdity of some of its constructs, in spite of its failure to fulfil many of its extravagant promises of health and life, in spite of the tolerance of the scientific community of unsubstantiated just-so-stories, because we have a prior commitment, a commitment to materialism.' (My beklemtoning) Lees verder...