Evolusie: ‘n Christengelowige se perspektief — Deel 14

In die vorige artikel het ek verwys na wonderwerke wat deur die evolusieleer aanvaar word ten einde te verklaar hoe alles om ons tot stand gekom het. Nog insidente wat die bekende natuurwette omseil en teen alle eksperimentele getuienis indruis kom vandag onder die kollig.

Die volgende stap in die evolusie van die heelal is die ontstaan van planete. Dit is nogal betekenisvol dat die idee van planeetvorming deur die kondensasie van ‘n skyf van stof om ‘n ster volgens Emmanuel Swedenborg tot hom gekom het tydens ‘n séance. Die wonderwerk is dat nie twee van die agt planete of ongeveer 160 mane in ons sonnestelsel dieselfde lyk nie. Hoe is dit moontlik as hulle vanuit dieselfde stof gevorm het? Hoekom besit die son slegs 2% van die hoekmoment van die sonnestelsel, maar 98% van die massa?

‘n Magdom wonderwerke staar ons in die gesig as ons na die faktore rondom die bestaan van lewe op aarde kyk. Die son is net die regte afstand van die aarde, die frekwensie van sonlig wat ons bereik is geskik vir fotosintese en die magneetveld van die aarde is sterk genoeg om skadelike bestraling van die aarde te weer, maar nie te sterk om lewe te verhoed nie. Die swaartekrag van die aarde is net sterk genoeg om ‘n atmosfeer te onderhou, maar nie te sterk om die konstruksie van dierliggame te keer of beweging te bemoeilik nie. Die gemiddelde temperature op aarde hou die meeste water in ‘n vloeibare toestand wat absoluut noodsaaklik vir lewe is.

Water is een van min stowwe wat minder dig raak wanneer dit in ‘n vaste fase verander en dit het tot gevolg dat die water in mere en oseane deur ‘n laag ys teen uiterste temperatuurskommelinge beskerm word. Dit lei daartoe dat lewe kan voortgaan, selfs as groot dele van die oseane toegevries is. Die watersiklus verseker dat kosbare rivierwater na ‘n tog see toe weer as reën op die aarde neerval. So kan ons verwys na die stikstofsiklus, die koolstofsiklus, hoe minerale uitgeruil word tussen die grond, plante en diere en ‘n magdom ander faktore wat gebalanseerde ekostelsels tot gevolg het. Kyk ons na al die verskillende fasette van lewe op aarde en hoe dikwels plante en diere interafhanklik is sluk mens maar moeilik aan die gedagte dat lewe sonder enige doel ontwikkel het.

Dit bring ons by die grootste wonderwerk van almal: die ontstaan van lewe. Volgens die evolusieleer het lewe ongeveer 3,5 miljard jaar gelede spontaan ontstaan toe ‘n mengsel van anorganiese stowwe soos metaan, koolsuurgas, waterstof en ammoniak in ‘n warm waterpoel deur ‘n weerligstraal getref is. Oor die afgelope sestig jaar of so is daar verwoede pogings om hierdie hipotese te probeer bewys. So het Stanley Miller en Harold Urey wel aminosure in ‘n proefbuis verwek. Hulle moes egter alle suurstof onttrek, anders het die gasmengsel en proefbuise in stukkies geskiet. Hul aanname dat daar geen suurstof was nie is ongeldig aangesien suurstof in die atmosfeer vanaf waterdamp gevorm word deur inwerking van sonlig, dus as daar water was, moes daar vry suurstof gewees het.

Nog ‘n probleem met bogenoemde eksperiment is dat giftige stowwe soos teer ook in die proefbuis gevorm het en die aminosure moes gedurig verwyder word uit die proefbuis. Die eenvoudige aminosure wat gevorm het was ook van beide links- en regshandige vorms, terwyl slegs linkshandige vorms in beide plant en dierselproteďene gevind word. As dit nie die geval was nie, sou diere en die mens nie van plante as voedselbron kon gebruik maak nie. Proteďene bestaan verder uit tientalle tot honderde aminosure wat in drie-dimensionele strukture omvorm word deur molekulęre masjiene genaamd proteasome. Die uiteindelike vorm van die proteďen hang af van die chemiese eienskappe van die aminosure daarin wat weer afhang van die individuele atome in die aminosuur se eienskappe. Dit lyk so al asof daar doelmatige beplanning agter alles is!

Die eenvoudigste lewende organisme bekend, ‘n mikoplasma (‘n tipe bakterium) bestaan uit honderde verskillende proteďene en elkeen van daardie proteďene bestaan weer uit kettings van honderde aminosure wat in baie spesiale drie-dimensionele vorms gerangskik is. Dit is juis hierdie struktuur van proteďene en ensieme wat aan hulle hul spesifieke funksie gee. Die genoom (genetiese materiaal of DNS) wat in die organisme se kern gehuisves word, kodeer op ‘n indirekte wyse vir die volgorde van aminosure wat verskillende proteďene vorm, maar die DNS is op sy beurt afhanklik van proteďene vir hierdie lees- en skryfproses. Dit bring ons by die klassieke vraag: ‘Wie was eerste, die proteďen of die DNS?’ Gelukkig is die antwoord eenvoudig: albei moes van die begin af 100% korrek gefunksioneer het!

Uit bostaande paragraaf kan u sien dat ‘n baie groot wonderwerk moes plaasvind om slegs een sel te voorskyn te bring. Hou net in gedagte dat geeneen van die onderdele op hul eie kan bestaan nie en dat al die onderdele afhanklik van mekaar funksioneer. Die volgende verstommende wonderwerk is dat hierdie eenvoudige sel besluit het om in twee te verdeel. Dit verg ook ongelooflike organisasie: die hele genoom (kernmateriaal) moet presies en sonder foute gedupliseer word. Dan verdwyn die kernmembraan wat die genoom netjies in plek hou. Spesiale mikrobuisies groei vanaf die sentriole wat nou aan die teenoorgestelde punte van die sel lę, koppel aan die genoom en trek saam om presies die helfte van die genoom na elke nuwe dogtersel te vervoer. Uiteindelik snoer die selmembraan in en verdeel die oorspronklike sel netjies in twee splinternuwe selle.


‘n Kunstenaarsvoorstelling van die sentrosoom met twee sentriole wat ‘n groot rol speel by seldeling. Bron: http://multimedia.mcb.harvard.edu/anim_innerlife_hi.html deur Robert Lue en Alan Viel van Harvard University.

Die wonderwerke van die evolusieleer hou egter nie daar op nie. In die volgende artikel kyk ons na nog ‘n paar.