Evolusie: n Christengelowige se perspektief — Deel 13

In die vorige twaalf artikels het ek probeer om die leser n kykie te gee in die wonderlike wreld waarin ons woon. Ek moet dit egter baie duidelik stel: oor elkeen van daardie onderwerpe is daar al derduisende boeke en artikels geskryf en ek kan onmoontlik nie alles oor n spesifieke onderwerp hier neerpen nie. In die komende artikels wil ek in meer diepte na die evolusieleer kyk.

In wese glo die voorstaanders van die evolusieleer dat alles wat ons om ons sien ongeveer 13 miljard jaar gelede spontaan uit niks ontstaan het. U sal merk dat ek die woord glo hier gebruik en baie wetenskaplikes sal kapsie maak daarteen, maar ek doen dit aangesien so n gebeurtenis nie vandag in n laboratorium herhaal kan word nie. Verder bestaan daar baie probleme met so n aanname, waarvan ek sommige hier wil bespreek.

Die aanvanklike ontstaan van die heelal word deur die evolusieleer die Big Bang of Oerknal genoem. Hierdie term is deur dr Fred Hoyle uitgedink as n neerhalende verwysing na die idee. Volgens sy denke was die heelal ewigdurend en die gedagte van n begin het net te veel na die skeppingsverhaal geklink. Dit is dan ook hoe baie Christenwetenskaplikes die Oerknal sien: God het aan die begin alles gemaak, maar daarna die proses van evolusie ten volle sy gang laat gaan of met tussenposes ingegryp. Ons sal hierdie siening later in die lig van die Bybel bespreek.

Onmiddelik lig daar n hele paar wenkbroue: hoe kan ek die Bybel hierby betrek? Is dit nie n uitgediende manuskrip wat in die postmoderne tyd geensins geldig is nie? Vandag is daar heelwat liberale teolo wat hierdie siening huldig, selfs hier in ons eie land. Die evolusionis sal ook sterk kapsie maak: die Bybel maak heeltemal te veel op wonderwerke staat om in hierdie tyd nog relevant te wees. Hier het ek vir die leser n baie groot verrassing: die evolusieleer maak net soveel op wonderwerke staat! Kom ons kyk in die volgende paar artikels na hierdie wonderwerke.

Miskien moet ons net eers die term wonderwerk behoorlik definieer: n wonderwerk is enige gebeurtenis wat bestaande natuurwette verontagsaam. Dit kan nie aan die hand van sintuiglik waarneembare getuienis of meetbare wetenskaplike eksperimentasie verklaar word nie. Hier dink ons veral aan die opstanding uit die dood, genesing van blindheid of die hemelvaart van Elia en Jesus Christus.

Die heel eerste wonderwerk van evolusie is natuurlik die Oerknal. Die eerste wet van termodinamika lui dat materie nie geskep of vernietig kan word nie. Dit is een van die sekerste natuurwette wat vandag bekend is. Tydens die Oerknal het egter presies dt gebeur: n Ontsettende warm en digte punt (kleiner as die kern van n atoom word ons vertel) wat uit niks ontstaan het, het begin uitdy en in n breukdeel van n sekonde met n duiselingwekkende snelheid uitgekring: Then in an extraordinary instantthe universe grew by a factor of 1050 in 10-33 seconds!! Hierin l die tweede wonderwerk: die snelheid waarteen hierdie uitdying plaasgevind het laat die snelheid van lig (299 792,5 km/s), wat deur wetenskaplikes as die boonste grens van snelheid beskou word, na die dans van n dronk slak lyk!

Die deeltjies wat teen hierdie duiselingwekkende snelheid weggedy het, het begin draai en in spesifieke kombinasies met mekaar verenig. Ons het reeds gemeld dat protone en neutrone, die basiese deeltjies van atome, uit nog kleiner deeltjies genaamd kwarke bestaan. Daar is ses soorte kwarke, maar net twee soorte neem aan die vorming van protone en neutrone deel, naamlik die op- en af-kwarke. Hier kom ons voor wonderwerke drie tot vyf te staan: deeltjies wat uitmekaar spat begin vanself spin; die verskillende deeltjies kom in die regte verhoudings bymekaar en die kragte wat hulle bymekaar hou is so fyn gebalanseer dat die geringste toename of afname sou veroorsaak dat die heelal nie kon vorm nie! Praat van fyn gesny!

Die digtheid van die materie in die heelal word geskat op 1 molekuul per 395 liter ruimte. Die volgende wonderwerk is egter dat die materie wat so uiteengespat het, baie klonterig voorkom. Kyk maar net na die ruimte om ons: die afstand na die maan is 384 000 km, na die son 145 000 000 km, na die tweede naaste ster 40,63 X 1012 km!! Ons sterrestelsel is 100 000 ligjare in deursnee en die volgende naaste sterrestelsel is n allemintige 2 miljoen ligjaar ver! Hoekom is die materie so opeengehoop met sulke enorme le ruimtes tussenin? Kosmolo staan ook verstom om te sien dat die uiterstes van die heelal min of meer dieselfde temperatuur het. Dit is vir hulle onverklaarbaar dat dele so ver uitmekaar reeds hitte kon uitruil.

Die vorming van sterre hou die volgende wonderwerk in: Boyle se gaswet verklaar dat n gas se volume vermeerder met vermeerdering in temperatuur. Dink net aan die hitte wat opbou as mens n fiets se wiel oppomp. Probeer ook gerus n volume so min as 20 ml lug in n spuit saampers met die hand: dit is feitlik onmoontlik om die lug tot minder as drie ml te druk. Vir sterre om te vorm moes gaswolke miljarde male meer saamgepers word en dit nogal vanself en tot temperature van 16 miljoen grade Celsius voordat kernfusie kon begin. Hier het ons n wonderwerk van astronomiese afmetings!

Kernfusie behels die samesmelting van vier Waterstofatome om een Heliumatoom te vorm. Onder die geweldige ho temperature en druk in n ster word swaarder en swaarder atome soos suurstof, koolstof en stikstof gevorm, maar die swaarste atoom wat onder normale omstandighede kan vorm is die van yster. Hier l die volgende wonderwerk: kosmolo reken elemente swaarder as yster het gevorm toe n groot aantal sterre na aan mekaar ontplof het om supernovas te vorm. Aan die einde van n groot ster se leeftyd oorkom die geweldige uitwaartse druk van die gasse die ster se swaartekrag en word al die stermateriaal in een reusagtige ontploffing die ruimte ingestuur soos in die foto gesien.


n Supernova wat in 1987 ontdek is. Bron: http://hubblesite.org

Indien tientalle sterre naby mekaar hierdie ontploffing ondergaan reken wetenskaplikes word genoeg druk verwek om swaarder elemente te vorm. Hier l die wonderwerk: supernovas vorm uiters selde (ons weet van n paar honderd) en die geweldige afstande tussen sterre maak hierdie verklaring baie onwaarskynlik. Indien twintig sterre nodig is vir die vorming van een planeet met swaar metale behoort die verhouding van sterre tot planete baie minder te wees as wat wel die geval is. Lees verder...