Evolusie: n Christengelowige se perspektief — Deel 11

In die vorige twee aflewerings het ons kennis gemaak met die ingewikkeldste struktuur op aarde, die brein. Vandag gee ek n kykie na die enigste deel van die brein wat sigbaar is van buite af: die oog.

Hoe ongelooflik dit ookal mag klink is die retina of netvlies, wat met n spesiale instrument genoem n oftalmoskoop te sien is, die enigste deel van die brein wat van buite af sigbaar is. In die vroe ontwikkeling van die brein ontstaan daar weerskante daarvan twee uitstulpings. Hierdie strukture groei weg van die brein af en vorm elk later n bekervormige instulping aan die punt. Hierdie instulpings versmelt weer met die weefsel wat die vel vorm en so word die o gebore. Charles Darwin het self met die idee geworstel dat n struktuur so ingewikkeld soos die oog sonder n Ontwerper kon ontstaan. Hy het dit so gestel: If it could be demonstrated that any complex organ could not possibly have developed through numerous successive steps, my theory would absolutely break down. Vandag, 150 jaar later, is daar honderde voorbeelde van ingewikkelde strukture wat van die begin af 100 % moes funksioneer (sien artikels oor die sel), maar die evolusionis klou krampagtig aan sy teorie vas!

Al die onderdele van die oog is verstommend ontwerp, maar ons het net ruimte om n paar daarvan te bespreek. Die kornea of horingvlies, is maar omtrent n millimeter dik, maar bestaan uit verskeie lae. Die heel buitenste laag het duisende klein uitsteeksels of villi wat die traanvog vashou. Die heel binneste lagie van die kornea beskik oor n kragtige pomp wat gedurig vog uit die kornea pomp en sodoende sorg dat dit deursigtig bly. Die traanvog, wat n lagie van slegs n paar duisendstes van n millimeter dik vorm, bestaan uit drie verskillende dele: n dun lagie slym, n dikker lagie waterige vog en n dun lagie vetterige afskeiding.

Die iris, wat soveel verstommende kleure en variasies by verskillende diersoorte aanneem, beskik oor twee verskillende spiertjies wat heeltemal outomaties die opening of pupil verstel om meer of minder lig in te laat. Die twee senubane wat hierdie aksie bewerkstellig loop heeltemal weg van mekaar en van die senubane wat sig moontlik maak. Die baan wat die pupil verwyd, maak selfs n draai deur die borskas!


Deursnit van die menslik oog. Bron: www.adam.com

In die mens bestaan die retina van elke oog uit ongeveer 250 miljoen ligsensitiewe selle. Die stafies is sensitief vir lig en donker, terwyl die keltjies uit drie variasies bestaan wat onderskeidelik rooi, groen of blou kan waarneem. Hierdie magdom selle is gekoppel aan n miljoen senuweevesels wat elke oog in n area van n paar millimeter verlaat om as die oogsenuwee na die brein te loop. Hierdie senuwee dring deur die skedel deur n noupassende opening in die been en die senuwees ontmoet aan die onderkant van die brein net voor die pituitre klier. Hier vind iets verstommends plaas: twee derdes van die senuwees vanaf die linkeroog oorkruis na die regterbrein en andersom! Die senuwees gaan deur spesifieke areas in die brein voordat hulle aan die agterkant van die brein te lande kom, waar sig eintlik eers plaasvind. Sowat n vyfde van die breinkapasiteit in die mens word aan sig gewy.

Die evolusieleer beweer dat die oog meer as veertig keer ontwikkel het op verskeie tye en stadiums van die evolusieproses. Dit verg na my mening baie geloof dat so n onwaarskynlike proses so dikwels op verskillende plekke herhaal sou wees. Van die vroegste diersoorte wat in die fossielrekord gevind word het meer ingewikkelde o gehad as enige van die wat ons vandag aantref. Die trilobiete se saamgestelde o was permanent gefokus vir ver en nabye sig! Hierdie besondere diere se o het lense gehad wat van kalsietkristalle gemaak is n prestasie wat wetenskaplikes eers in die agtiende eeu kon naboots.


Die oog van n naaldekoker met 20 000 fasette. Bron: Animal van Dorling Kindersley.

Kyk mens na die o van verskillende diersoorte en hoe die o by die kleur en selfs tekstuur van die res van die vel inpas, is dit baie moeilik om te glo dat dit alles die eindresultaat van n doellose proses was. Die naaldekoker met 20 000 oogfasette per oog in so n klein spasie ingepas laat my wonder of die wetenskaplikes wat evolusie voorstaan al ooit mooi gekyk het. In die volgende artikel kom die hart en niere onder die soeklig.