Evolusie: n Christengelowige se perspektief — Deel 2

In die eerste artikel in hierdie reeks is kortliks verwys na vooruitgang wat op tegnologiese gebied gemaak is en hoe baie wetenskaplikes daarom meen dat geloof in die bonatuurlike primitief is. In hierdie artikel gaan ons kyk na die oorsprong van evolusie en hoe dit stelselmatig die meeste fasette van die wetenskap genfiltreer het.

Charles Darwin het pas as teologiestudent afgestudeer toe hy die geleentheid gebied is om op n lewensveranderende seereis te gaan. Tydens vier jaar se seevaart en studie op die eilande in die Galapagosgroep het hy n magdom inligting oor die natuurlewe versamel wat hom die res van sy lewe aan die dink sou hou. Terug by sy geboorteland het hy meer aandagtig na die variasie in duif- en hondesoorte gekyk en die idee van geleidelike evolusie het stelselmatig na voorskyn getree.

Darwin het geen kennis van genetika of oorerwing tot sy beskikking gehad nie Gregor Mendel sou eers later met sy baanbrekerswerk vorendag kom. Met teeleksperimente het Darwin egter agtergekom dat sekere eienskappe van wilde duiwe na vore tree met die kruising van mak soorte. Dit het hom oortuig dat mak duiwe van wilde duiwe afstam en het hom later gedryf om sy gevierde werk oor evolusie in 1859 die lig te laat sien: The Origin of Species. (Min wetenskaplikes sal uitwei oor die subtitel van hierdie boek nl: The Survival of Preferred Races in the Struggle for Life)


'n Foto van Charles Darwin in die jaar 1859 toe sy beroemde boek: "Origin of Species" die lig gesien het. Bron: Wikipedia

Met hierdie idee in sy agterkop het Darwin gewonder of die ontwikkeling van spesies nie nog verder gevoer kan word nie. Alle vols het tog dieselfde basiese anatomie net soos honde, wolwe en jakkalse dieselfde basiese strukture toon. As die mens en aapsoorte soos oerangoetangs en sjimpansees dieselfde bou toon, hoekom het hulle nie vanuit dieselfde voorouers ontwikkel deurdat slegs die sterkste van sekere groepe oorleef het nie? Hy het egter besef dat hierdie n baie lang proses moes wees aangesien dit uiteraard stadig sou plaasvind. Die probleem was net dat die oudste geskrewe manuskripte soos die Bybel slegs n ouderdom van ongeveer 6000 jaar aan die aarde en die menslike beskawing toegeken het.

James Hutton, n Skotse dokter, het baie in die geologie belanggestel. Hy het met die idee vorendag gekom dat aardprosesse soos vulkanisme, sedimentasie en erosie verantwoordelik was vir die vorming van geologiese strukture oor baie lang periodes. Dit was lynreg in stryd met die algemene siening van wetenskaplikes van daardie tyd naamlik dat katastrofes soos Noag se vloed strukture soos die Grand Canyon gevorm het in n kort tyd. Hutton word deur baie as die vader van moderne geologie beskou.

Net soos Hutton, het Charles Lyell, n prokureur, ook baie in die geologie belanggestel. Uit sy bekendste werk Principles of Geology blyk dit dat hy min respek vir eeue-oue geskrifte soos die Bybel gehad het. Daarom dat hy op een plek opmerk dat sy oogmerk is to free science from Moses. Hy het die beginsel van geleidelike ontwikkeling (uniformitarianism) tot n volwaardige teorie ontwikkel. Formasies soos die Grand Canyon sou dan oor etlike duisende miljoene jare lagie vir lagie gevorm het. As dit soveel tyd geneem het vir strukture op die aarde om te vorm was daar dus genoeg tyd vir die evolusie van lewende organismes om plaas te vind, nie waar nie?


'n Skets van Charles Lyell. Bron: Wikipedia

Hier het n 150 jaar oue stryd begin wat vandag nog hewiglik voortduur. Aan die een kant was daar die Christengelowiges wat die Bybel as riglyn gebruik het en daarin lees dat die aarde ongeveer 6000 jaar gelede deur die Skeppergod uit niks geskep is. Aan die ander kant was daar wetenskaplikes wat daarop aangedring het dat die aarde duisende miljoene jare oud was en omdat daar geen wetenskaplike bewyse vir n Skeppergod gevind kon word nie, self ontstaan het en deur n proses van toevallige gebeure gevorder het tot dit wat ons vandag waarneem.

Dit is wat evolusie in sy rou wese beteken: alles wat ons om ons waarneem het ongeveer 13 miljard jaar gelede (13 000 000 000 jaar) uit n baie klein, ontsettende warm en digte kolletjie ontstaan wat spontaan tot uitbarsting gekom het (die Big bang of Oerknal). Sonder enige inmenging van buite het dit oor 8 miljard jaar uitgedy totdat daar uit die chaos van n wentelende gaswolk n vuurwarm planeet gebore is. Na miljoene jare se vulkaniese werking het genoeg waterdamp gevorm om die planeet sodanig af te koel dat eenvoudige organiese molekules kon vorm. Ongeveer 3,5 miljard jaar gelede het n spul van hierdie molekules toevallig bymekaargekom en voila!: die eerste lewende sel is gebore!

Alle lewende organismes insluitende die mens het dan oor die afgelope 3,5 miljard jaar vanuit hierdie sel of soortgelyke toevallige selle ontwikkel. Of jy dit wil glo of nie: elke dinosourir, walvis, muggie, bloekomboom en waaraan jy ookal kan dink! Is dit moontlik? Ons gaan in die volgende paar artikels na die antwoord op hierdie tergende vraag soek. Lees verder...